Bok­ke kry af­jak van tyd­skrif

Die Burger - - 16 -

Die S­pring­bok­ha­ker Mal­colm Marx is die e­nig­ste Suid-Afrikaanse rug­by­spe­ler wat die tyd­skrif Rug­by Wor­ld se span van die jaar ge­haal het.

On­danks Nieu-See­land se ne­der­laag van­jaar teen Ier­land en Suid-A­fri­ka, het vyf All Blacks die span ge­haal, wat deur 12 ken­ners wê­reld­wyd ge­kies is.

Beau­den Bar­rett, los­ska­kel van die All Blacks, wat in 2016 en 2017 Wê­reld­rug­by se Spe­ler van die Jaar was, is op heel­ag­ter in­ge­sluit, met 2018 se spe­ler van die jaar, Jo­na­than Sex­ton wat die nr. 10-trui kry.

Be­ne­wens Bar­rett, is die vleu­els Ben S­mith en Rie­ko Io­a­ne, die agt­ste­man Kie­ran Re­ad en die slot Bro­die Re­tal­lick die an­der Nieu-See­lan­ders in die span.

Die 33-ja­ri­ge Sex­ton se ska­kel­maat is sy land­ge­noot Co­nor Mur­ray, wat die helf­te van die sei­soen weens ’n be­se­ring mis­ge­loop het.

Nog ’n spe­ler wat meer be­kend as los­ska­kel is, En­ge­land se O­wen Far­rell, is op sen­ter langs die Wal­lie­ser Jo­na­than Da­vies in die mid­del­veld ge­kies.

■ Span: Beau­den Bar­rett (Nieu-See­land), Ben S­mith (Nieu-See­land), Jo­na­than Da­vies (Wal­lis), O­wen Far­rell (En­ge­land), Rie­ko Io­a­ne (Nieu-See­land), Jo­na­than Sex­ton (Ier­land), Co­nor Mur­ray (Ier­land); Kie­ran Re­ad (Nieu-See­land), Da­vid Po­cock (Aus­tra­lië), Peter O’Ma­ho­ny (Ier­land), Le­o­ne Na­ka­ra­wa (Fidji), Bro­die Re­tal­lick (Nieu-See­land), Tadgh Fur­long (Ier­land), Mal­colm Marx (Suid-A­fri­ka), Ma­ko Vu­ni­po­la (En­ge­land).

Fo­to: GETTY IMAGES

Mal­colm Marx is die e­nig­ste S­pring­bok wat Rug­by Wor­ld se wê­reld­span ge­haal het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.