Wys ke­se ’n slag wie’s baas

Tyd om bob­be­ja­ne uit te dun Groe­nes en “bun­ny hug­gers” is vin­nig om te sê bob­be­ja­ne was voor ons hier, ons moet hul­le uit­los. Dis bog, skryf MC Botha.

Die Burger - - 2 - Fo­to: MC BOTHA

Die ver­ste­de­lik­te mens en bob­be­jaan se kind sit al don­kie­ja­re by wy­se van spre­ke nie langs die­self­de vuur nie. Die bob­be­jaan­trop­pe in ste­de­li­ke ge­bie­de in die suid­wesKaap word eg­ter net al hoe gro­ter en gro­ter – van Ce­res in die noor­de tot die Kaap­se S­kier­ei­land in die sui­de en die O­ver­berg­se kus­lyn aan die oos­te.

Tot dus­ver is dit ons ver­lang­se ne­fie wat die oor­hand het. Om te sê dat bob­be­ja­ne voor ons hier was, is na­tuur­lik bog – ons het on­ge­twy­feld ge­lyk aan­ge­kom, aan­ge­sien Ho­mo sa­piens en Pa­pio Ur­si­nus (Kaap­se of cha­cma­bob­be­jaan) e­vo­lu­si­o­nêr ge­spro­ke i­den­tie­se voor­ou­ers het.

Dít gee baie men­se reeds die aap­stui­pe.

Daar was 30 jaar ge­le­de in die ber­ge bo­kant Her­ma­nus net een trop wat in hul soe­ke na kos hui­se in Vo­ël­klip ge­plun­der het. Na­tuur­be­wa­rings­be­amp­tes het die pro­bleem een­vou­dig op­ge­los deur draad­vang­hok­ke in die Fern­kloof-na­tuur­re­ser­vaat te stel en soms tot meer as tien op ’n slag van kant te maak.

Van­dag is daar drie trop­pe wat net soos al die trop­pe el­ders be­hoor­lik deur die po­li­tiek kor­rek­tes be­skerm word. Nie al­leen het al­le lands­bur­gers dees­dae ge­waar­borg­de men­se­reg­te nie, maar ook al­le bur­gers van die ber­ge se bob­be­jaan­reg­te is ge­waar­borg.

Die ge­volg is dat bob­be­ja­ne nie net vrye toe­gang tot hui­se ge­gun word om te roof en te be­ska­dig nie, maar die huis­bra­ke word selfs sien­der­oë deur die o­wer­he­de toe­ge­laat. Ska­de wat aan eien­dom­me en tui­ne in al die pro­bleem­ge­bie­de ver­oor­saak word, be­loop et­li­ke mil­joe­ne ran­de, om nie van die trau­ma te praat nie.

Die groot bob­be­ja­ne leer die klein­tjies om deur dief­we­ring te kruip en van bin­ne af die deu­re of ven­sters oop te maak. ’n Vrou het ver­tel dat ’n trop nou die dag op so ’n stroop­tog net ’n byt aan Le­de van een van Vo­ël­klip se plun­de­ren­de bob­be­jaan­trop­pe lyk op die oog af te ou­lik, maar dis ’n an­der sto­rie as hul­le by hui­se in­breek en groot­skaal­se ver­woes­ting aan­rig.

‘‘

Nie­mand het nog ooit die klaar­blyk­li­ke durf hard­op uit­spreek nie, naam­lik om ’n trop op ’n slag uit te dun.

al die be­skik­ba­re vrug­te in ’n vrug­te­bak in die kom­buis ge­gee het, want hul­le het ’n kaas­koek ont­dek en dié tot die laas­te krum­mel ver­slind. Net so a­strant en slinks soos ge­woon­te­mis­da­di­gers.

Oor die jare heen het die O­ver­strand-mu­ni­si­pa­li­teit al don­der­bus­se en verf­bal­ge­we­re ge­bruik om die bob­be­ja­ne te ver­dryf, ’n e­lek­trie­se hei­ning oor 1,3 km ge­span, so­ge­naam­de bob­be­jaan­mo­ni­tors aan­ge­stel – pu­re ver­niet. Die bob­be­ja­ne het net slim­mer

ge­raak, vin­ni­ger be­gin aan­teel en ru­sies ver­oor­saak on­der die twee­been-pri­maat-des­kun­di­ges en ver­teen­woor­di­gers van ver­skil­len­de o­wer­heids­vlak­ke oor waar die geld ge­kry gaan word vir die vol­gen­de mees­ter­plan, wat weer eens net mis­luk­king as waar­borg sal hê.

Nie­mand het nog ooit die klaar­blyk­li­ke durf hard­op uit­spreek nie, naam­lik om ’n trop op ’n slag uit te dun. Bob­be­ja­ne is al­ler­mins ’n be­skerm­de spe­sie, en in elk ge­val is daar der­dui­sen­de trop­pe in die ber­ge en die bos­se bui­te ste­de­li­ke ge­bie­de waar die spe­sie ver­wy­derd van

men­se in vre­de kan leef.

Jy het ’n kom­buis, nie waar nie? ’n Plek waar vlieë jou soms ver­pes, of kak­ker­lak­ke, of mie­re. Jy het dalk ’n tuin waar al­ler­han­de gog­gas, wurms en slak­ke jou plan­te op­vreet. Dalk moes jy selfs al ’n muis- of rot­plaag be­heer het. Een­vou­dig, nè: Jy gaan na die naas­te su­per­mark en koop so­veel pak­kies Rat­tex, kan­ne­tjies Doom of hou­ers Blue Death soos wat jou hart be­geer.

Nie­mand is ge­bod­der oor mil­joe­ne klein stuk­kies e­ko­lo­gie wat daag­liks uit­ge­roei word nie. Maar bob­be­ja­ne is an­ders. Hul­le is so ou­lik, want hul­le laat ons so baie aan men­se dink. In­der­daad ont­mas­ker hul­le ons vir die ape wat ons is.

Mo­reel ge­spro­ke kan daar geen ver­skil wees tus­sen die uit­roei van slak­ke wat jou tuin ver­niel, mui­se wat in jou ga­ra­ge kom nes­maak, of bob­be­ja­ne wat jou huis plun­der nie.

■ Botha is ’n skry­wer wat op Her­ma­nus woon. Dié ru­briek het oor­spronk­lik in ver­skyn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.