‘Die­nos­tal­gie­oor­ou­tyd­se­ry­goed­bring­men­se­by­een’

Die Burger - - 4 - Fo­to’s:­ ADRIAN­ DE­ KOCK

Langs die nuut­ste Fer­ra­ri, Porsche, Lam­bor­g­hi­ni en In­fi­ni­ti G37 wed­y­wer ka­rak­ter­vol­le ve­te­raan­mo­tors om aan­dag: die 1932-Ca­dil­lac, die 1910-Buick waar­van die hoof­lig­te met ’n vuur­hout­jie aan­steek, die 1925Chrys­ler waar­in Sal­ma Hay­ek ge­ry het in die 2006-fliek Ask the Dust, die El­vis P­res­ley-Buick, sta­ti­ge Rolls-Roy­ce en 1963-Ja­guar (voor­heen mev. Mas­kew Mil­ler s’n), die Citro­ën wat ’n geel hoen­der­tjie moes uit­beeld, stow­we­ri­ge ver­sa­me­lings van Mer­ce­des-Ben­ze, Pon­ti­a­cs en Ja­guars, Pik Botha se swart Con­ti­nen­tal met be­sker­men­de deu­re van 10 cm dik.

Op 84 lei die ei­e­naar, Les Bos­hoff, met sy ver­sa­me­ling on­ge­wo­ne voer­tuie ’n le­we wat my­le ver­skil van tyd­ge­no­te se pan­tof­fel­sen-koe­rant­be­staan. Sy pas­sie sorg dat hier­die mu­seum le­wend bly; en ses­de lê op die lys van 50 bes­te in­ter­na­si­o­na­le mo­tor­mu­seums. Al het hy dit nooit be­plan nie. Af­ge­tree op 55, wou hy sy lief­de vir mo­tors uit­bou. “Ek het nie p­re­sies ge­weet waar­heen ek wou be­weeg met my lief­de vir die ve­te­ra­ne nie; maar ek wou dit aan­koop en her­stel. Van­dat ek die mu­seum in­ge­rig het, het nu­we er­va­rings in­ge­stroom. Wat ’n klomp groei­spron­ge het ek die af­ge­lo­pe 30 jaar be­leef! “Ek het ge­leer hoe nos­tal­gie oor ry­goed men­se by­een­bring. Dik­wels soek men­se ’n ‘mo­tor soos my pa s’n’, of ’n spe­si­fie­ke kar uit hul jeug. Vreem­de­lin­ge uit A­me­ri­ka of Duits­land sal hier in­stap en wan­neer hul­le ure la­ter ver­trek, is ons fa­mi­lie, want die lief­de vir mo­tors het ge­wen.

“Oor­se­se be­soe­kers rig dik­wels ’n ope uit­no­di­ging aan my vir mo­tor­be­soe­ke by hul­le. Ek het ge­leer die Rus­se is min­der nos­tal­gies oor mo­tors; Duit­sers is pas­sie­vol oor Mer­ce­des-Benz; B­rit­te oor Rolls-Roy­ce en Suid-A­fri­ka­ners oor Ford en C­hev­ro­let.”

Tot sy ver­stom­ming het fo­to­gra­we kom soe­bat om die mo­tor­mu­seum vir fo­to’s te ge­bruik. “Ver­al vrou­e­fo­to­gra­we. Dit lyk my die kon­tras tus­sen sterk at­le­te en mooi mo­del­le teen­oor ve­te­raan­mo­tors se kur­wes en roet, werk goed.

“Kuns­fo­to­gra­fie het ’n hele nu­we wê­reld vir my laat ont­vou! In­tus­sen het ons nag­fo­to’s be­gin moont­lik maak en ’n lo­kaal vir sti­lis­te in­ge­rig, waar mo­del­le voor­be­rei en hul kle­re berg. Mu- siek­vi­deo’s, trou­fo­to’s en sok­ker­span­ne word hier ge­kiek; as­ook de­le van die fliek ’n Man soos my pa. Ek word dik­wels ge­nooi na die o­pe­ning van fo­to­gra­fie-uit­stal­lings – wie wil dan voor die TV oud raak?

“Die ou­mo­tor­be­dryf lei my na in­te­res­san­te si­tu­a­sies en men­se – van en­toe­si­as­te tot fa­na­ti­ci. Een­keer raak ek be­vriend met ’n Duit­se Citro­ën-ken­ner en ons vra me­kaar: ‘Hoe kan ons kwa­li­fi­seer vir die vol­gen­de Citro­ën-jaar­ver­ga­de­ring?’

“Hier­na gaan krap hy ’n 50 jaar oue Citro­ën uit ’n stoor, re­stou­reer hom kun­dig – en kwa­li­fi­seer daar­mee vir die jaar­ver­ga­de­ring. Só ry ons oor die I­ta­li­aan­se Al­pe en ont­moet be­lang­ri­ke rol­spe­lers in die mo­tor­be­dryf – als dank­sy die mo­tor­mu­seum.”

In­tus­sen word Bos­hoff ver­ras deur die groot aan­vraag na ou­ten­tie­ke ry­goed in die fliek­be­dryf: “Met Kaap­stad as Suid-A­fri­ka se Hol­ly­wood, het hier­die mu­seum on­be­pland ont­wik­kel tot ’n bron van film­ma­te­ri­aal vir elke denk­ba­re fliek of fo­to­reeks.

“Hier daag ge­reeld a­gen­te op met vreem­de ver­soe­ke, maar sel­de stap ie­mand met leë han­de hier weg. Een­keer moes ek vin­nig se­we lyks­wa­ens soek en op­koop. My na­vrae lei my na Hec­tor Bartho­lo­mew; ’n man met ’n pas­sie vir lyks­wa­ens.

“Hy ver­tel hoe’t hy en ’n vriend – Piet Pro­ku­reur – ’n lyks­wa om­skep in ’n kroeg op wie­le. Kort ná ek die se­we wa­ens ge­koop en vol­gens voor­skrif af­ge­rond het, is die Die mo­tor­mu­seum – Bos­hoff se af­treepro­jek – lê ses­de op die lys van 50 bes­te in­ter­na­si­o­na­le mo­tor­mu­seums. Al het hy dit nooit be­plan nie.

Eers na sy af­tre­de het Les Bos­hoff ’n ver­vul­len­de, nu­we le­we ont­dek toe hy sy ver­sa­me­ling ve­te­raan­mo­tors ’n ha­ne­tree bui­te Kaap­stad vir die pu­bliek oop­ge­stel het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.