‘Ons sal dood­gaan vir die saak’

Die Burger - - 6 - Fo­to’s: JA­CO MA­RAIS Fo­to: ADRIAN DE KOCK Goos­ain E­me­ran (83), die “goe­wer­neur van die Bo-Kaap”, wat 30 jaar lank die skool­hoof van

‘Ek wil al van­ef­fe be­gin vloek het,” waar­sku Fo­w­zia A­ch­mat en bal haar vuis­te a­sof sy reg is om in die boks­kryt te klim.

Dié on­der­voor­sit­ter van die Bo-Kaap Ci­vic and Ra­te­pay­ers As­so­ci­a­ti­on, moe­der­o­wer­ste van een van die oud­ste woon­buur­te in Kaap­stad, is ver­by boos.

“Nou die dag ter­wyl ek hier staan, toe sê ek ’n le­li­ke woord, en toe sê die een an­tie ‘wan­neer is jy klaar?’ en toe sê ek sy kan maar huis toe gaan dat ek eers my mond gaan skuur met ’n tan­de­bor­sel,” sê sy met ’n diep plooi tus­sen haar wenk­broue.

Haar huis, met sy o­re­gon-hout­vloe­re en smal wen­tel­trap, ruik na ker­rie, ko­myn en uie.

A­ch­mat vloek nou al jare lank in haar hart. In die 70’s is sy en haar gesin uit Dis­trik Ses ver­skuif en nou is sy en haar twee sus­ters, wat al 46 jaar in die lem­me­tjie­geel-en-oran­je huis op die hoek van Bloem- en Jor­daan­straat woon, bang hul­le moet “wéér die hart­seer­pad vat”.

Hier in die “wieg van Islam” in Suid-A­fri­ka, waar haar groot­ou­pa, A­ch­mat van Ben­ga­le, die eer­ste Afrikaanse ver­ta­ling van die Ko­ran ge­doen het.

Die “pê­re­po­te van die bul­l­do­zers” het dié keer in die vorm van twee hys­kra­ne ge­kom wat op pad was na die om­stre­de woon­stel­ge­bou in Leeustraat, 40 on L, wat deur die ont­wik­ke­laar Blok Ur­ban Li­ving op­ge­rig word.

“On­se men­se is kwaad, baie kwaad,” sê A­ch­mat van net die an­der dag toe die in­wo­ners die hys­kra­ne met hul ly­we pro­beer keer het.

“Daai twee men­se wat reg voor daai cra­ne gaan lê het en ge­sê het ‘ry ons dood, man’, dís hoe on­se men­se voel, want hul­le kan sien hoe din­ge ver­an­der in die a­rea.”

Vol­gens die in­wo­ners is ge­boue soos Blok se 12-ver­die­ping­woon­stel­ge­bou een van 15 nu­we ont­wik­ke­lings wat die af­ge­lo­pe In­wo­ners van die Bo-Kaap het on­langs met le­de van die po­li­sie en me­tro­po­li­sie slaags ge­raak na­dat hul­le paaie met hul lig­ga­me ver­sper het om te keer dat ’n hys­kraan en an­der kon­struk­sie­toe­rus­ting na ’n bou­per­seel in Leeustraat 40 gaan. Dié 12-ver­die­ping-woon­stel­kom­pleks deur Blok-ont­wik­ke­laars word tans in die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad be­twis. Fo­w­zia A­ch­mat (68), on­der­voor­sit­ter van die Bo-Kaap Ci­vic and Ra­te­pay­ers As­so­ci­a­ti­on, in die huis op die hoek van Bloem- en Jor­daan­straat waar sy en haar twee sus­ters die af­ge­lo­pe 46 jaar woon. Sy en haar gesin moes reeds een keer trek uit Dis­trik Ses en nou loop sy weer die “hart­seer­pad”.

jare goed­ge­keur is. Vir hul­le het dit sim­bo­lies ge­word van die gen­tri­fi­ka­sie of “ruim­te­li­ke a­part­heid” waar­aan hul­le se­dert die koms van de­mo­kra­sie on­der­werp is.

Dié ge­bied is in 1950 in­ge­vol­ge die Groeps­ge­bie­de­wet tot Mos­lem-ge­bied ver­klaar en men­se van an­der gods­diens­te en ras­se moes trek. Dis juis een van die i­ro­nieë van ons wye en droe­we land dat die hui­di­ge pro­ble­me ná 1994 en die so­ge­naam­de be­vry­ding be­gin het.

‘Men­se kry swaar hier­so’

Noor Os­man (60) is ’n ge­meen­skaps­ak­ti­vis wat ge­bo­re is na­by die Au­wal-mos­kee in Dorp­straat, die oud­ste mos­kee in Suid-A­fri­ka en sim­bool van die stryd wat die Kaap­se Mos­lems vir die er­ken­ning van hul vry­heid van aan­bid­ding ge­voer het.

Hy het in die af­ge­lo­pe weke on­der­hou­de oor die wê­reld heen toe­ge­staan, so ver as Nieu-See­land en Aus­tra­lië. Hy praat ’n meng­sel van ge­leer­de En­gels en A­fri­kaans waar ons sit in Bies­miel­lah,

met sy den­ning­vleis en bo­bo­tie; ’n mek­ka vir toe­ris­te.

“Toe a­part­heid val en men­se be­sef hul­le kan gaan woon waar hul­le wil, het men­se ’n ge­leent­heid ge­sien om­dat ons so na­by aan die s­tad is. Die geld wat men­se vir hul hui­se aan­ge­bied is, was geld waar­aan ons ge­meen­skap nie ge­woond was nie. En toe be­gin men­se ver­koop. A­part­heid was een ding, maar die na­la­ten­skap van a­part­heid is ’n an­der ding . . .”

Hy slaan oor na A­fri­kaans. “So, as ons praat van gen­tri­fi­ca­ti­on, dan ont­wor­tel jy die men­se net soos in Dis­trik Ses. Ek het se­ker R100 000 be­taal vir my pro­per­ty en nou word ek R5 mil­joen of R6 mil­joen aan­ge­bied vir ’n drie­slaap­ka­mer­huis en ek het nie eens ’n tuin nie!”

Hy skud sy kop. “Die ra­tes wat jy be­taal, is die­self­de as wat jy be­taal langs die kus daar­so,” en hy wys in die rig­ting van die At­lan­tie­se see­kus, speel­plek van die ry­kes.

“Ek be­taal om­trent R1 600 aan ra­tes vir ’n stuk pro­per­ty wat 158 m² is. Daar is men­se wat hier sit met dui­sen­de ran­de wat hul­le moet be­taal vir wa­ter. Men­se kry swaar hier­so.”

R15 mil­joen vir ’n huis

die be­ken­de Tra­fal­gar High in Dis­trik Ses was, be­taal so­wat R9 000 per maand vir wa­ter, lig­te en mu­ni­si­pa­le ei­en­doms­be­las­ting. Ek kan dit nog be­kos­tig, maar wat van die men­se wat dit nie kan be­kos­tig nie?”

Hy woon nou al se­dert 1965 op die hoek van Pentz- en Bloem­straat in sy huis van waar jy die ha­we en drie mos­kees kan sien.

Sy pa was ’n bo­baas-kle­re­ma­ker wat kle­re vir die wit par­le­men­ta­ri­ërs ge­maak het.

Hy is in Huds­ on­straat in De Wa­ter­kant ge­bo­re.

“My pa se gods­diens­on­der­wy­ser was die laas­te Mos­lem wat uit Lo­a­der­straat moes pad­gee en hy het die huis ver­vloek. Hy het ge­sê wie ook al ná hom in die huis woon, sal ’n on­ty­di­ge dood sterf en die per­soon wat ná hom daar in­ge­trek het, het sy eie le­we ge­neem.”

E­me­ran sê hy is nie as sulks ge­kant teen die wit men­se wat ná 1994 in die Bo-Kaap in­ge­trek het nie, “want elke mens mag woon waar hy wil”.

“Maar men­se het dit teen die ryk men­se wat hier in­trek, nie nood­wen­dig die wit men­se nie, want dan ver­an­der hul­le die een­ver­die­ping na ’n drie­ver­die­ping en dan gaan ons ei­en­doms­be­las­ting op.”

Hy sug, ’n diep ge­lo­wi­ge man in sy wit fez en swart-en-wit top (mans­kleed). “Die an­der ding is, hul­le kom hier­na­toe en hul­le weet ons was hier voor hul­le en hul­le kom kla oor die ad­han (die op­roep tot ge­bed) oor die luid­spre­kers vyf keer per dag. As hul­le dáár­oor kla, is hul­le ob­vi­ous­ly nie wel­kom hier nie.

“As hul­le hier­na­toe kom en hul­le dink hul­le kan ons kul­tuur ver­an­der – by­voor­beeld hul­le groet jou nie, hul­le smi­le nie vir jou nie, jy be­staan nie, in hul­le oë is jy nie ’n mens nie . . .”

Hy klik met sy tong. “Nee, f **** f, man! Of as jy af­ry in jou kar en jy sien ou an­ties wat s­tad toe gaan en jy stop nie. Die er­fe­nis van die ge­bied is dat ons lief is vir al­mal wat hier woon.

“Dís ons er­fe­nis. Nie die kleur­ry­ke hui­se nie, nie die cob­bles­to­nes nie. Wan­neer ek oor die kei­ste­ne loop, raak ek baie e­mo­si­o­neel, want my voor­va­ders het die kei­ste­ne ge­lê. Geen wit man kon dit doen nie!”

Teen sy eet­ka­mer­muur is ’n groot fo­to van dui­sen­de Mek­ka­gan­gers. “Islam is nie ’n gods­diens nie. Dis ’n Din (’n Ara­bie­se woord wat na ’n le­wens­wy­se ver­wys). Die Jo­de ge­bruik dit ook. ’n Din is al­les. Die ma­nier waar­op ek met jou praat, dís gods­diens. Hoe ek sit, hoe ek eet, hoe

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.