Huis­hou­de­li­ke sa­ke trek G20-lei­ers se aan­dag af

Het die on­lang­se spits­be­raad van die lei­ers van die wê­reld se 20 grootste e­ko­no­mieë die mens­dom na­der aan ’n op­los­sing vir sy pro­ble­me ge­bring? Le­o­pold S­choltz soek na ’n antwoord.

Die Burger - - 8 -

Die lei­ers van die G20, of­te­wel die wê­reld se 20 grootste e­ko­no­mieë, hou elke jaar ’n spits­be­raad. Dit be­staan uit 19 lan­de plus die Eu­ro­pe­se U­nie (EU). Suid-A­fri­ka is een van die le­de.

Die doel is om fi­nan­si­ë­le sta­bi­li­teit te be­vor­der, maar in die prak­tyk word die mees­te groot in­ter­na­si­o­na­le pro­ble­me daar be­spreek.

Langs die kant­lyn maak heel­par­ty van die lei­ers van die fo­rum ge­bruik om me­kaar af­son­der­lik in die oë te kyk en ver­skil­le uit te stryk.

Van­jaar se be­raad, wat ge­hou is in Bu­e­nos Ai­res, Ar­gen­ti­nië, was ver­al in twee op­sig­te op­val­lend. By­na al die ver­naam­ste lei­ers kon hul aan­dag slegs half by die be­raad be­paal om­dat hul­le tuis groot pro­ble­me het, en die be­raad het ’n in­te­res­san­te mo­ment­op­na­me van die wê­reld se mags­e­we­wig verskaf.

Wat die eer­ste be­tref, was dit op­val­lend hoe diep in die moei­lik­heid die be­lang­rik­ste lei­ers by die huis is. die net steeds sty­wer rond­om die Wit­huis.

Wat uit­ein­de­lik bin­ne die net gaan wees as dit toe­ge­trek word, is on­dui­de­lik. Maar selfs die regs­ge­leer­de prof. Alan Ders­ho­witz, wat Trump ge­reeld ver­de­dig, het on­langs ge­sê hy meen die fi­na­le Mu­el­ler-ver­slag gaan “po­li­ties ver­nie­ti­gend” vir Trump wees.

Nie­mand kan sê of hy reg is nie, maar dit vreet dui­de­lik aan Trump. Van­daar sy Twitter­ti­ra­des en die e­nig­sins be­druk­te hou­ding wat hy uit­ge­straal het.

Pres. Em­ma­nu­el Ma­cron van Frank­ryk se aan­dag is ook voort­du­rend af­ge­trek deur die ge­weld­da­di­ge on­lus­te in Pa­rys oor die ver­ho­ging van brand­stof-ak­syns.

Sy ge­wild­heid on­der die kie­sers het dra­ma­ties af­ge­neem.

Die Duit­se bond­skan­se­lier, An­ge­la Mer­kel, is iet­wat van ’n flou ma­kou se­dert sy aan­ge­kon­dig het dat sy die lei­ding van haar Chris­ten-De­mo­kra­tie­se U­nie gaan af­staan en ook nie vir ’n ver­de­re ter­myn be­skik­baar as die hoof van die re­ge­ring is nie.

Pres. Wla­di­mir Poe­tin se ge­wild­heid tuis is e­wen­eens op ’n laag­te­punt. Sy antwoord was om ’n bui­te­land­se kri­sis te fa­bri­seer in die vorm van ’n kon­fron­ta­sie met die Oe­kra­ï­ne oor laas­ge­noem­de se toe­gang tot die See van A­zof.

Dit het hom erns­ti­ge ver­oor­de­ling in Bu­e­nos Ai­res op die hals ge­haal.

The­re­sa May, pre­mier van B­rit­tan­je, was druk aan die voor­be­rei vir die uit­ge­rek­te la­er­huis­de­bat oor B­rex­it, wat dié week be­gin het. Sy – en die an­der aan­we­si­ges – wis dat sy dit hot­ag­ter sou kry, wat ook háár krag op die in­ter­na­si­o­na­le to­neel aan­ge­tas het.

Die lei­er met die min­ste sig­ba­re pro­ble­me tuis is eg­ter pres. Xi Jin­ping van C­hi­na. Xi het die laas­te jare by­na al die po­li­tie­ke mag na hom­self ge­trek en on­der­vind bin­nens­lands geen noe­mens­waar­di­ge teen­stand nie.

Dit al­les het be­te­ken dat die G20-be­raad min­der as ge­woon­lik op­ge­le­wer het. Die be­lang­rik­ste lei­ers was fi­siek in Bu­e­nos Ai­res aan­we­sig, maar gees­te­lik en e­mo­si­o­neel was hul aan­dag by hul pro­ble­me tuis.

Die be­raad was ook ’n mo­ment­op­na­me van die in­ter­na­si­o­na­le mags­ver­hou­din­ge. Ver­skeie din­ge het hier op­ge­val.

In die eer­ste plek is A­me­ri­ka toe­ne­mend ge­ï­so­leer. In die slot­ver­kla­ring was Trump die e­nig­ste wat nie in­ge­stem het met ’n ver­wy­sing na die na­de­li­ge ge­vol­ge van kli­maats­ver­an­de­ring nie.

Trump het kort voor sy ver­trek in ’n on­der­houd met The Washing­ton Post sy hou­ding aan sy eie “baie hoë vlak van in­tel­li­gen­sie” toe­ge­skryf.

Hy het ook sy eie ad­mi­nis­tra­sie se ver­slag van 1 600 blad­sye oor die saak, waar­aan meer as 300 we­ten­skap­li­kes ge­werk het, sum­mier ver­werp.

Trump het voorts ’n for­me­le ge­sprek met Poe­tin ge­kan­sel­leer en slegs ’n kwar­tier lank een­kant met hom ge­praat. Die re­de was glo Poe­tin se ag­gres­sie teen die Oe­kra­ï­ne, maar al wat ’n waar­ne­mer is, het dit toe­ge­skryf aan Trump se moe­de­loos­heid oor die Mu­el­ler-on­der­soek.

Sig­ba­re vordering is eg­ter wel ge­maak in die drei­gen­de han­dels­oor­log tus­sen A­me­ri­ka en C­hi­na.

In ’n per­soon­li­ke ge­sprek tus­sen Trump en Xi het eers­ge­noem­de in­ge­wil­lig om die hoë han­dels­ta­rie­we wat hy op C­hi­ne­se in­voer­goe­de­re wou hef, met 90 dae uit te stel.

In dié tyd moet daar dan op­nuut met C­hi­na on­der­han­del word oor laas­ge­noem­de se han­dels­oor­skot. Dié oor­skot is vol­gens die A­me­ri­ka­ners te wy­te aan staat­sub­si­dies vir uit­voer­goe­de­re om die prys kuns­ma­tig laag te hou, iets wat A­me­ri­kaan­se pro­du­sen­te be­na­deel.

In ruil het Xi be­loof om meer A­me­ri­kaan­se pro­duk­te in te voer en die le­we­ring van fen­ta­niel, ’n dwelm­mid­del, te staak. Die mark­te het on­mid­del­lik po­si­tief ge­re­a­geer, maar spoe­dig weer in­ge­sak toe Trump dit in ’n twiet dui­de­lik ge­maak het dat hy “’n ta­rief­man” is.

Met an­der woor­de, die ge­vaar van ’n han­dels­oor­log is steeds op die ta­fel.

Die e­ko­no­mie­se ge­skie­de­nis van die 20ste eeu wys dat han­dels­oor­loë nooit op ’n oor­win­ning vir een par­ty uit­loop nie.

Al­mal ver­loor al­tyd, maar dit lyk nie of Trump dit be­sef nie. Tog, die feit dat Trump be­reid is om skiet te gee, al is dit ook hoe min, is meer as wat waar­ne­mers

voor­af voor­spel het. Nog ’n ef­fen­se suk­ses vir Trump was ’n ver­wy­sing in die slot­ver­kla­ring dat die Wê­reld­han­dels­or­ga­ni­sa­sie her­vorm moet word.

Die oor­wel­di­gen­de in­ter­na­si­o­na­le re­ak­sie op pres. Ge­or­ge H.W. Bush se dood was ook in skril­le kon­tras met hoe ne­ga­tief die wê­reld, reg of ver­keerd, na Trump kyk.

Die be­raad het ver­der be­ves­tig dat C­hi­na ’n mag is waar­mee steeds meer re­ke­ning ge­hou moet word. Dr. Clay R. Ful­ler, e­ko­noom by die A­me­ri­can En­ter­pri­se In­s­ti-tu­te, wys in ’n ar­ti­kel hoe ver C­hi­na ge­kom het.

In 1992, skryf Ful­ler, het die C­hi­ne­se e­ko­no­mie slegs 2,09% van die hui­di­ge G20 se bru­to bin­ne­land­se pro­duk op­ge­le­wer. Teen 2017 het dit tot 19,5% aan­ge­groei. Dit wil na­tuur­lik nie sê dat C­hi­na se op­koms gaan voort­duur nie.

Die ge­skie­de­nis wys dat ’n ge­son­de reg­stel­sel, met be­hoor­li­ke be­sker­ming van be­sit, ’n ver­eis­te vir duur­sa­me suk­ses is – en juis dít is in C­hi­na be­trek­lik swak ge­re­ël. Tog be­stee C­hi­na steeds meer geld aan die op­bou van sy weer­mag, ver­al sy vloot, met die doel om sy mag ver bui­te sy gren­se te pro­jek­teer.

Sy eer­ste plaas­lik ge­bou­de vlieg­dek­skip het on­langs met sy eer­ste toets­vaar­te be­gin, en ver­skeie an­der word be­plan – al­les om A­me­ri­ka se he­ge­mo­nie in die om­ge­wing uit te daag.

Eu­ro­pa sal nog lank ’n krag bly. Rus­land en C­hi­na be­weeg steeds na­der aan me­kaar, en dié groei­en­de bond­ge­noot­skap kan ’n bron van groot on­sta­bi­li­teit vo­ren­toe word.

Die pas af­ge­lo­pe G20-be­raad was dus ’n ver­de­re mer­ker in ’n pro­ses wat die wê­reld­po­li­tiek steeds meer on­sta­biel en vloei­baar maak.

■ S­choltz is ’n on­af­hank­li­ke po­li­tie­ke ont­le­der.

‘‘

Dit al­les het be­te­ken dat die G20-be­raad min­der as ge­woon­lik op­ge­le­wer het.

Die be­lang­rik­ste lei­ers was fi­siek in Bu­e­nos Ai­res aan­we­sig, maar gees­te­lik en e­mo­si­o­neel was hul aan­dag by hul pro­ble­me tuis.

Pres. Xi Jin­ping van C­hi­na. Pres. Wla­di­mir Poe­tin van Rus­land. The­re­sa May, B­rit­se pre­mier. Pres. Em­ma­nu­el Ma­cron van Frank­ryk. An­ge­la Mer­kel, Duit­se bond­skan­se­lier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.