Bet­tys: Tot 30 hui­se brand af

VLAMME VERWOES OOK EIENDOMME IN HERMANUS EN FRANSKRAAL

Die Burger - - 1 - Ma­re­li­ze Bar­nard en Mal­her­be Nie­na­ber Fo­to’s: JACO MARAIS

“Ek was nou in Bet­ty’s en het self 30 hui­se ge­tel wat af­ge­brand het”.

Só het die oud­mo­de­ra­tor van die NG Kerk, dr. Braam Ha­ne­kom, gis­ter­aand in ’n e-pos waar­by fo­to’s van hui­se wat in Bet­tys­baai brand aan­ge­heg is, aan Die Bur­ger ge­skryf oor die ver­woes­ten­de brand wat gis­ter hui­se en ei­en­dom tot so ver as Hermanus en Franskraal verwoes het.

Gra­ham Nig­ht (52), wie se huis in Cla­ren­ce-ry­laan, Bet­tys­baai, om­streeks 14:30 vlam­ge­vat het, het ver­tel hoe hy en die an­der in­wo­ners vir hul le­we moes vlug toe die week lan­ge brand by dié kus­dorp deur ’n wind van by­na 100 km/h in ’n in­fer­no ver­an­der is.

Hy het goed uit die huis ge­dra en die vol­gen­de oom­blik was die vlamme “op die huis”.“Die lug het skie­lik o­ran­je ge­word en ek het net vlamme ge­sien,” sê hy.

Nig­ht kon sy pit­bull, S­hea, red en hy en nog fa­mi­lie­le­de het in ’n mo­tor ge­spring en weg­ge­jaag.

Die wind het so erg ge­waai dat dit die ag­ter­ruit van die mo­tor uit­ge­waai het, sê Nig­ht.

“Daar was geen brand­weer nie, nie­mand nie. Men­se het me­kaar ge­help om aan die vlamme te ont­snap,” vol­gens Nig­ht.

Van die hui­se was steeds in vlamme, ter­wyl re­ën be­gin uit­sak het. Dit het da­rem ge­help het dat die vlamme nie ver­der rond­spring op hul pad van ver­nie­ti­ging nie.

Van die be­rig­te wat ont­vang is, is dat tus­sen 20 en 30 hui­se heel­te­mal of ge­deel­te­lik af­ge­brand het.

A­sof die brand op Bet­tys­baai nie erg ge­noeg was nie, het nog ’n brand ook vroe­ër gis­ter­mid­dag op Franskraal ont­staan en die he­le dorp moes ont­ruim word.

Die O­ver­strand-mu­ni­si­pa­li­teit het be­ves­tig de­le van Bet­tys­baai is ont­ruim, Franskraal moes ont­ruim word as­ook pla­se en in­wo­ners in die om­ge­wing van Kar­wy­der­skraal (Camphill, Bo­na Dea, pla­se on­der by He­mel-enAar­de, de­le van Nort­hcliff en Eas­t­cliff, Fern­kloof as­ook Hermanus Heig­hts).

De­le van die R44 was gis­ter ge­sluit. Men­se is op­drag ge­gee om die paaie te ver­my in die om­ge­wing van Franskraal, Bet­tys­baai en Kar­wy­der­skraal so­dat nood­voer­tuie mak­lik kan rond­be­weeg. Bui­te Franskraal het in­wo­ners hul per­de na vei­lig­heid in die pad af ge­lei.

Die Grob­be­laar­saal (Hermanus), Gans­baai-toe­ris­me­kan­toor se saal, Sand­baai-saal en Cras­su­la-saal (op Bet­tys­baai) is as by­me­kaar­kom­plek­ke ge­bruik vir men­se wat hul hui­se moes ont­ruim.

Teen gis­ter­aand het re­ën ver­lig­ting ge­bring, maar dit is ge­volg deur krag­on­der­bre­kings oor groot de­le in die ge­bied. Ruk­win­de van 94 km/h en ’n windspoed van om 60 km/h is oor die O­ver­strand heen er­vaar.

Op Hermanus het die brand teen die berg af ver­sprei tot teen­oor die ag­ter­kant van die be­graaf­plaas. Som­mi­ge in­wo­ners is toe reeds ge­vra om hul hui­se te ont­ruim.

Die O­ver­strand-mu­ni­si­pa­li­teit kon teen 19:00 nog nie die om­vang van die ska­de en hoe­veel ge­boue verwoes is, be­ves­tig nie.

Die kus­dor­pe in dié om­ge­wing en om­lig­gen­de de­le is van gis­ter­mid­dag in dig­te rook ge­hul.

Franskraal-brand

Om 13:00 het die mu­ni­si­pa­li­teit ’n be­roep op in­wo­ners van Franskraal ge­doen om on­mid­del­lik die ge­bied te ver­laat weens ’n weg­hol­brand wat in daar­die sta­di­um bui­te be­heer ge­woed het.

Men­se is be­veel om net troe­tel­die­re, nood­saak­li­ke be­sit­tings en me­di­sy­ne saam te neem.

Al­le lig­te en e­lek­trie­se toe­stel­le in hui­se moes af­ge­ska­kel word, waar­na die huis ge­sluit moes word.

“Vir jou eie vei­lig­heid, ver­laat as­se­blief on­mid­del­lik jou buurt en ry na die huis van ’n vriend of fa­mi­lie­lid bui­te die ont­rui­mings­ge­bied,” was die op­drag.

Gra­ham Nig­ht (52) kyk na sy huis wat heel­te­mal verwoes is. Die voer­tuie het ook uit­ge­brand.

’n Man en vrou wat hul ge­sig­te vir die rook toe­hou, lei per­de van die brand af weg op Franskraal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.