Pro­te­as nog reg­op, al vou kolf­lys

Die Burger - - 1 - Ti­nus van S­ta­den

’n Gul­de geleentheid om die suk­ke­len­de Pa­kistan­se krie­ket­span in die grond in te kolf is gis­ter in een ses­sie weg­ge­smyt.

Ge­luk­kig vir die Pro­te­as het Me­neer Be­trou­baar, Ver­non P­hi­lan­der (2/1 in vier boul­beur­te), Pa­ki­stan reeds vier­kant op die ag­ter­voet in die be­soe­kers se eer­ste beurt van die der­de toets op die Wan­de­rers.

Hy het met ag­ter­een­vol­gen­de bal­le van S­han Mas­ood en A­z­har Ali ont­slae ge­raak in ’n op­win­den­de laas­te half­uur van die eer­ste dag se spel.

I­mam-ul-Haq (10*) en die nag­uil­tjie, Mo­ham­mad Ab­bas (0*), sal Pa­ki­stan se beurt van­og­gend op 17/2 her­vat – ’n ag­ter­stand van 245 op Suid-A­fri­ka se iet­wat te­leur­stel­len­de eer­ste­beurt­tel­ling van 262.

Die Pro­te­as sal on­te­vre­de daar­mee wees dat Pa­ki­stan hoe­ge­naamd op dag een ge­kolf het.

Ná tee­tyd het die Pro­te­as van 226/3 tot 262 al­mal uit ver­welk. Hul­le kon nie voort­bou op die grond­slag wat Ai­den Mar­kram met sy skit­ter­beurt van 90 vroe­ër die dag ge­lê het nie.

Mar­kram en Hashim Am­la (41, 98 bal­le; 6x4) het Suid-A­fri­ka vroeg met ’n ven­noot­skap van 126 om die twee­de paal­tjie in be­heer ge­plaas.

Dit is die bes­te twee­de­paal­tjie-ven­noot­skap nóg vir SuidA­fri­ka teen Pa­ki­stan.

Mar­kram het uit­ste­kend op dreef ge­lyk en ’n paar sier­li­ke dryf­houe ge­speel in sy spog­beurt, wat s­legs 124 bal­le in be­slag ge­neem het en 16 vie­re in­ge­sluit het.

Hy is op ’n be­treu­rens­waar­di­ge wy­se uit na­dat hy bui­te­rand by­ge­kry het ná ’n wye af­le­we­ring aan die by­kant. Hy is ag­ter die pen­ne uit­ge­vang. Met sy ver­trek was Suid-A­fri­ka steeds goed op koers met sy tel­ling op 132/2 net ná mid­dag­e­te.

In die twee­de ses­sie het T­heu­nis de Bruyn (49, 82 b; 9x4) en die de­bu­tant, Zu­bayr Ham­za (41, 68 b; 5x4, 1x6), met vloei­en­de kolf­werk vo­ren­dag ge­kom. Hul­le het s­legs 63 bal­le be­no­dig om hul ven­noot­skap tot 50 te voer.

De Bruyn en Ham­za het dit laat lyk of Suid-A­fri­ka mak­lik by 400 sou uit­kom op dié mak blad.

De Bruyn, wat tot dus­ver ’n te­leur­stel­len­de reeks be­leef het, het soms ge­wys waar­om hy so hoog aan­ge­slaan word. Hy het goeie teg­niek, al tree hy soms te ver na die weg­kant voor­dat die bal af­ge­le­wer word.

Dít was ook wat tot sy on­der­gang ge­lei het toe hy been voor paal­tjie be­trap is.

Ham­za het nie baie tyd no­di­ge ge­had om die Wan­de­rers op sy voe­te te kry nie. Sy in­ter­na­si­o­na­le loop­baan was 11 bal­le oud toe hy die draai­er S­ha­dab K­han oor mid­de­baan vir ’n ses ge­piets het.

Hy het ook ’n paar goeie trek­houe en laat kap­houe van die ag­ter­voet ge­speel.

’n Kap­hou oor punt vir vier het ook die toe­skou­ers se goed­keu­ring weg­ge­dra. Op die oog af lyk dit of hy be­slis die no­di­ge teg­niek en tem­pe­ra­ment het om ’n suk­ses­vol­le loop­baan op dié vlak te hê.

Die ven­noot­skap tus­sen die 23-ja­ri­ge Ham­za en die 26-ja­ri­ge De Bruyn het straks ’n ven­ster op die Pro­te­as se toe­koms oop­ge­maak. Ver­al na­dat nóg ’n jong spe­ler, Mar­kram (24), ook sy staal ge­toon het.

Ná tee­tyd het Suid-A­fri­ka sy laas­te se­we paal­tjies vir s­legs 36 lo­pies ver­loor, met Pa­ki­stan se voor­slag­bou­lers Mo­ham­mad A­mir (2/36) en Mo­ham­mad Ab­bas (2/44) aan die spits met ak­ku­ra­te rig­ting en goeie leng­tes.

Vroe­ër die og­gend het die in­staan-kap­tein, De­an El­gar, die loot ge­wen en be­sluit om eer­ste te kolf. Hy het self nie lank staan­de ge­bly nie en kon net 5 lo­pies aan­te­ken voor­dat hy ag­ter die pen­ne uit­ge­vang is.

Hoe­wel Suid-A­fri­ka bek-af sal wees oor sy kolfi­neen­stor­ting, is hy steeds in ’n goeie po­si­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.