Tal­le oud-Bok­ke groet Claas­sen vir ou­laas

Die Burger - - 3 - Co­bus Claas­sen

God­vre­send, stand­vas­tig, be­trou­baar en ’n wa­re rots.

So het wy­le prof. Jo­han Claas­sen se vrou, Ada, hom gis­ter in P­re­to­ria op ’n ge­denk­diens vir dié voor­ma­li­ge S­pring­bok-le­gen­de op­ge­som.

Claas­sen is Son­dag in die ou­der­dom van 89 oor­le­de.

Ver­skeie oud-Bok­ke soos Wyn­and Claas­sen, F­rik du P­reez en A­vril Ma­lan het saam met fa­mi­lie en vrien­de hul­de ge­bring aan Claas­sen.

“Hy was ’n voor­beeld vir my en ons vier kin­ders, 13 klein­kin­ders en twee ag­ter­klein­kin­ders.

“Sy woor­de was al­tyd min en met sout be­sprin­kel. Sy hu­mor was eie aan hom.

“Ná 62 jaar saam kan ek net in diep dank­baar­heid sê: He­re, U meet­snoe­re het vir ons in lief­li­ke plek­ke ge­val,” het Ada in die be­graf­nis­brief ge­skryf.

Claas­sen het as spe­ler 28 toet­se van 1955 tot 1962 vir die S­pring­bok­ke ge­speel en hy het die span ne­ge keer aan­ge­voer.

Hy het daar­na as af­rig­ter, keur­der en span­be­stuur­der diep spo­re in Suid-A­fri­kaan­se rug­by ge­trap.

Wyn­and Claas­sen (hul­le was nie fa­mi­lie van me­kaar nie) het in ’n hul­de­blyk ge­sê Claas­sen het op die 1981-be­to­ger­toer in Nieu-See­land ’n in­vloed­ry­ke rol as span­be­stuur­der ge­speel.

“Die ou­ens was aan die be­gin van die toer skrik­ke­rig vir hom. Vir hom was dis­si­pli­ne on­on­der­han­del­baar.

“Hy het jou som­mer vas­ge­vat en teen jou ge­skrum. Hy was ’n taai ou ge­wees. Jo­han was ook ’n won­der­li­ke mens. ’n Baie diep ou.

“Baie men­se het ge­dink hy is die be­neuk­te, som­ber man, maar hy het ’n an­der sy ook ge­had.

“Ek sal nooit ver­geet hoe hy in 1985, toe ons ’n re­ü­nie ge­hou het (die 1981-toer­span) saam met ons in die ja­cuz­zi ge­klim het nie.”

F­rik du P­reez, wat in 1961 en 1962 in agt toet­se saam met Claas­sen ge­speel het, waar­van vyf as slot­paar, het ge­sê hy was “’n moer­se ou”.

“Hy was my held voor­dat ek vir die S­pring­bok­ke ge­speel het.”

Du P­reez sê in sy laas­te drie sei­soe­ne (1969-1971) was drie van sy oud­span­maats keur­ders van die Bok­span – Claas­sen, Ian Kirk­pa­trick en A­vril Ma­lan.

“Dit was al­ler­mins ’n grap. Jo­han het my nooit ver­tel wat ek moet doen nie, maar as ons op toer was, het hy my al­tyd ver­tel wat ek nié moet doen nie,” skerts Du P­reez.

Hy moes die af­ge­lo­pe paar jaar baie oud­span­maats se be­graf­nis­se by­woon. Ver­le­de jaar was dit Mar­tin Pel­ser.

“Dit is hart­seer, jong. Jy weet van daar­die 1960-’61-toer­span (wat on­oor­won­ne was teen Wal­lis, Ier­land, En­ge­land, S­kot­land en Frank­ryk) is daar nou net se­we van ons 30 oor.

“Dit is net ek, Hen­nie van Zyl, A­vril, Man­ne­tjies Roux, Jan­nie En­gel­brecht, Da­ve S­tewart, Mi­ke An­tel­me. Ons raak vin­nig min­der.”

Fo­to: ISABEL VENTER

Die be­graf­nis­brief van wy­le prof. Jo­han Claas­sen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.