See eis fo­to­graaf van S­til­baai

Die Burger - - 1 - Jackie­ Kruger Deb­bie­ S­mith

Hul­de­bly­ke stroom in vir Deb­bie S­mith (31), ’n fo­to­graaf van S­til­baai, wat Sa­ter­dag dood is toe sy ty­dens ’n swemuit­stap­pie deur ’n bran­der van die rot­se ge­slaan is.

Die voor­val het Sa­ter­dag om­streeks 16:00 by Jon­gens­fon­tein na­by S­til­baai ge­beur.

S­mith is na be­we­ring deur ’n bran­der van die rot­se ge­slaan, sê kapt. Mal­colm Po­jie, ’n po­li­sie­woord­voer­der.

“Sy is die see in­ge­trek en het on­der die wa­ter ver­dwyn. Haar lig­gaam is la­ter met veel­vul­di­ge be­se­rings aan wal ge­bring waar sy deur ’n ge­nees­heer dood ver­klaar is.”

Na ver­neem word, was S­mith se man, Jo­han­nes Nau­dé, by toe die tra­ge­die ge­beur het.

Die eg­paar be­sit on­der meer ’n fo­to­gra­fie-on­der­ne­ming op die dorp. S­mith is be­kend vir die tal­le ma­triek­af­skeid- en ge­sins­fo­to’s wat sy ge­neem het.

Ds. Vi­an Louw van die NG kerk S­til­baai sê by na­vraag S­mith het 12 jaar op S­til­baai ge­ge­du­ren­de bly.

“Sy was ’n en­gel in die dorp en ie­mand wat God se lief­de teen­oor haar me­de­mens uit­ge­leef het. Orals waar sy ge­gaan het, het sy ’n ver­skil pro­beer maak.”

Vol­gens Louw het die voor­val skyn­baar ge­beur toe die paar­tjie hoog­wa­ter gaan swem het. Haar man het na ver­neem word al­les pro­beer om haar te red, en sy voe­te en be­ne is in die pro­ses ge­sny. Vol­gens Louw is die fa­mi­lie baie hart­seer en is die ge­meen­skap diep ge­raak oor wat ge­beur het.

Hul­de­bly­ke vir S­mith stroom in­tus­sen op Fa­ce­book in.

“Haar lief­de­vol­le, pas­sie­vol­le fo­to’s en mooi woor­de ver­e­wig op wê­reld­wye web. S­til­baai gaan leeg wees son­der Deb­bie van De­ja­vu,” skryf No­le­ne Bou­wer.”

Lin­da Kruger skryf ook on­der meer: “. . . ons gaan haar lag­gie mis en haar grap­pies . . .”

Mar­thi­nus S­try­dom sr. skryf: “Sy was ’n lig­straal in S­til­baai en al­mal was ge­wel­dig lief vir haar.”

Vol­gens Po­jie sal ’n lyk­skou­ing bin­ne­kort ge­hou word en word geen ge­me­ne spel ver­moed nie. ’n Ge­reg­te­li­ke doods­on­der­soek word ge­doen.

S­mith se be­graf­nis­diens sal vol­gens Louw Sa­ter­dag in die NG kerk S­til­baai ge­hou word. Die tyd sal nog be­kend ge­maak word.

Fo­to: FA­CE­BOOK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.