P­hil ­Ma­sin­ga Sok­ker­reus ge­groet

Die Burger - - 1 - – S­port­re­dak­sie, Sa­fa.net

“Ons het ’n reus van Suid-A­fri­kaan­se sok­ker ver­loor en dis ’n hart­seer­dag vir ons spel.”

So het Dan­ny Jor­daan, pre­si­dent van die Suid-A­fri­kaan­se Sok­ker­ver­e­ni­ging (Sa­fa), ge­sê oor die af­ster­we van P­hil Ma­sin­ga (49), een van die land se le­gen­da­rie­se spe­lers van 1996, wat gis­ter­og­gend in Jo­han­nes­burg weens kan­ker oor­le­de is.

C­hip­pa, soos die Ba­fa­na Ba­fa­na-doel­skie­ter be­kend was, is ein­de ver­le­de jaar in die Ts­he-pong-hos­pi­taal in sy ge­boor­te­stad, K­lerks­dorp, op­ge­neem. Hy is la­ter na ’n hos­pi­taal in Jo­han­nes­burg oor­ge­plaas waar kan­ker by hom ge­di­ag­no­seer is.

Jor­daan, wat die nuus be­kend ge­maak het, het Ma­sin­ga ver­le­de Son­dag daar be­soek.

Jor­daan was saam met le­de van die Sa­fa-af­vaar­di­ging daar voor hul ver­trek na Da­kar, Se­ne­gal, waar die Kon­fe­de­ra­sie vir A­fri­ka­sok­ker (CAF) se prys­uit­de­ling ge­hou is en die aan­kon­di­ging oor ’n plaas­ver­van­ger-gas­heer vir die A­fri­ka­be­ker-toer­nooi ge­maak is.

Jor­daan sê hoe­wel Ma­sin­ga nie goed ge­lyk het nie, het hul­le nie ver­wag dat hy “ons so gou sou ver­laat nie”.

“Ek is ver­plet­ter. Ek het hom nog Son­dag ge­sien voor ons Da­kar toe is. Hoe­wel hy nie goed ge­voel het nie, was hy op­ge­wek.

“Ek het be­loof om hom weer te be­soek ná my te­rug­keer en nou is ons held weg. P­hil was ’n lo­ja­le diens­kneg van die spel, op en van die veld af.

“Sy doel teen die Kon­go wat ons la­ter in 1998 na ons eer­ste Wê­reld­be­ker-toer­nooi in Frank­ryk ge­neem het, is steeds die mees ge­vier­de doel in die land.”

Ma­sin­ga het Ba­fa­na Ba­fa­na in meer as 50 wed­stry­de ver­teen­woor­dig en was ’n be­ken­de naam as lid van C­li­ve Bar­ker se span wat in 1996 in Suid-A­fri­ka die A­fri­ka­be­ker die eer­ste en e­nig­ste keer ge­wen het.

Ma­sin­ga het in Suid-A­fri­ka vir Jo­mo Cos­mos en Ma­me­lo­di Sun­do­wns ge­speel. In die bui­te­land het hy vir Leeds U­ni­ted in En­ge­land, St. Gal­len in S­wit­ser­land en Ba­ri en Sa­ler­ni­ta­na in I­ta­lië ge­speel.

■ Nog ’n 1996-held, S­hoes Mo-shoeu, is in 2015 in die ou­der­dom van 49 weens kan­ker oor­le­de.

Fo­to: GALLO IMAGES

P­hil Ma­sin­ga

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.