Ra­ba­da­ laat De Kock sweet voor ­100-tal­­

De Kock be­dank Ben­ken­stein

Die Burger - - 1 - Ti­nus van S­ta­den

Ka­gi­so Ra­ba­da kan be­slis ’n “boe­te” ver­wag na­dat hy sy Pro­tea-span­maat Quinton de Kock lan­ger moes laat wag om sy hon­derd­tal te be­reik gis­ter op dag drie van die der­de krie­ket­toets teen Pa­ki­stan in Jo­han­nes­burg.

Met sy tel­ling op 99, het De Kock ’n puik dryf­hou reg­uit te­rug na die bou­ler ge­slaan. Die bal sou waar­skyn­lik grens toe rol, was dit nie vir Ra­ba­da se been wat die bal ge­stuit het nie.

“Ja, ek was nog­al kwaad vir hom. Ek het die druk ge­voel, ek wou net by die myl­paal uit­kom en dit oor en ver­by kry,” het De Kock ná die dag se spel ge­sê.

“Toe kry hy sy voet in die pad. Maar dis ou­kei, ek het uit­ein­de­lik my hon­derd­tal ge­kry.

“Hy sal meer as ’n boe­te kry. . . Ek gaan hom ‘dood­maak’,” het hy ge­skerts.

Ná ’n toets hou die Pro­te­as al­tyd ’n “boe­te-ver­ga­de­ring”, waar die spe­lers hul span­maats met dran­kies “straf” vir fou­te op die veld. In dié ver­ga­de­rings, wat in goeie gees ge­skied, kan jy ’n span­maat “dood­maak” deur hom uit te daag om t­wee bie­re te­ge­ly­ker­tyd te drink – of iets in der voe­ge.

De Kock se uit­staan­de beurt van 129 (138 bal­le; 18x4, 1x6) het die Pro­te­as ge­help om ’n tei­ken van 381 aan Pa­ki­stan te stel.

Dit was sy eer­ste hon­derd­tal in t­wee jaar en sy vier­de vir die Pro­te­as in toet­se. Uit sy re­ak­sie kon ’n mens sien dié een be­te­ken baie vir hom.

“Ek was op­ge­sweep toe ek by my hon­derd­tal uit­kom. Dit is nou ’n ruk­kie se­dert ek my laas­te hon­derd­tal ge­slaan het, so ek was baie ver­lig om weer daar­die kerf oor te steek.”

Sy lo­pie­droog­te was ’n frus­tre­ren­de tyd­perk.

“Dit is al­tyd frus­tre­rend as jy pro­beer om jou bes­te vir die span te gee en jy kry nie heel­te­mal wat jy wil hê nie. Dit is hoe­kom ek so ek­sta­ties was van­dag.”

Hy het vir Da­le Ben­ken­stein, die Pro­te­as se kol­f­af­rig­ter, kre­diet ge­gee vir sy goeie spel­peil.

“Ek het ge­leer uit ’n paar fou­te wat ek in die ver­le­de ge­maak het. Ek het ook saam met Da­le Ben­ken­stein ge­skaaf aan een of t­wee sa­ke wat my teg­niek be­tref en hoe om la­ter in my beurt te kolf. Dit het my deur­ge­trek.”

De Kock het puik saam met die la­e­or­de-ko­w­lers ge­kolf en eers ’n ven­noot­skap van 28 saam met Ver­non P­hi­lan­der (14, 33 b) ge­deel, en toe 79 saam met Ra­ba­da (21, 62 b) op­ge­sta­pel.

“Dit kan een van die moei­li­ker rol­le in ’n span wees om saam met die stert te kolf.

“KG het my eg­ter self­ver­troue ge­gee. Hy het ge­sê hy gaan saam met my kolf tot die ein­de, wat hy toe ge­doen het.”

Hy sê Ra­ba­da se kolf­werk raak al hoe be­ter.

“Ek voor­sien dat hy in die toe­koms ho­ër op in die kolf­or­de sal kan in­stap.”

Pa­ki­stan her­vat sy beurt van­dag op 153/3, nog 228 lo­pies kort van die wen­tei­ken. A­sad S­ha­fiq (48*) en Ba­bar A­zam (17*) het goed ge­lyk ty­dens die laas­te uur se spel.

“Die blad het be­slis ’n bie­tjie be­ter ge­raak vir kolf­werk. Dit is ver­ras­send, want ek het ge­dink die blad sal ver­weer. Ons het ook ver­wag die nu­we bal sal meer be­weeg.

“Blaaie raak wel moei­li­ker op dag vier en vyf. Ek dink wel dit gaan taai wees, hul­le het nog goeie kol­wers staan­de en ons het slegs 228 lo­pies om mee te speel, op ’n goeie kolf­blad.”

A­z­har Mahmood, Pa­ki­stan se boul­af­rig­ter, glo as S­ha­fiq en A­zam van­dag kan vas­skop, kan hul­le die wen­tei­ken haal.

Fo­to: GALLO IMAGES

’n Uit­ge­la­te Quinton de Kock vier sy hon­derd­tal op die Wan­de­rers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.