Boer To­a­net­te oor skil­de­ry: Geen­kans­vat­ters, ­as­se­blief­­

Die Burger - - 1 - – Chris­ti­aan du P­les­sis

To­a­net­te Els, een van die deel­ne­mers aan die werk­lik­heids­reeks Boer soek ’n vrou, wil ’n skil­de­ry van haar­self ver­koop.

Die doel is om die me­die­se koste te dek van haar ma wat ver­le­de jaar aan limf­klier­kan­ker dood is. Die res van die geld sal ten ba­te van lief­da­dig­heids­pro­jek­te aan­ge­wend word wat help om die­re te re­ha­bi­li­teer.

Maar tot dus­ver is To­a­net­te, ’n in­wo­ner van Mo­di­mol­le, nog net deur kans­vat­ters ge­na­der wat nie reg­tig daar­in be­lang­stel om die skil­de­ry te koop nie.

To­a­net­te se ma, Tru­die, is in Sep­tem­ber 2018 dood.

“Daar is nog me­die­se koste ná my ma se dood wat ons moet af­be­taal,” sê sy.

To­a­net­te het Sa­ter­dag ’n fo­to van die skil­de­ry, waar­op sy in ’n mou­lo­se hemp ver­skyn, op Fa­ce­book ge­plaas. Sy het sy nog nie ’n erns­ti­ge aanbod vir die skil­de­ry (35 cm x 48 cm) ge­kry nie.

“Daar is ’n klomp kans­vat­ters wat vir my bood­skap­pe s­tuur en sê hul­le wil die skil­de­ry koop. Dan is dit net ’n grap vir hul­le. Dit laat my moe­de­loos voel en ek sien nie kans om met die pro­ses voort te gaan in­dien die kans­vat­ters so aan­hou nie,” sê sy.

Ian Vis­ser van Ema­lahle­ni in M­pu­ma­lan­ga het dit vir haar ge­skil­der. To­a­net­te het hom in 2018 by ’n kuns­uit­stal­ling ont­moet.

“Die skil­de­ry was net ’n lek­ker ge­leent­heid. Ons het on­langs be­sluit om dit te ver­koop,” sê sy.

Sy het Don­der­dag in die laas­te e­pi­so­de van Boer soek ’n vrou saam met die man wat sy ge­kies het, Nar­dus van Wyk, op­ge­daag. Hul­le is nou in ’n ver­hou­ding.

Fo­to: FA­CE­BOOK

Die fo­to van die skil­de­ry wat To­a­net­te Els op haar Fa­ce­book­blad ge­plaas het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.