Tru­man­P­rin­ce­sterk­tuis­aan­ná­hart­aan­val­

Die Burger - - 2 - –­ L­le­wel­lyn­ P­rin­ce

Tru­man P­rin­ce, om­stre­de on­der­bur­ge­mees­ter van Beau­fort-Wes, is uit die hos­pi­taal ont­slaan na­dat hy ’n hart­aan­val ge­had het. Hy sterk nou in sy huis op dié dorp aan. Win­dy Plaat­jies, ANC-se­kre­ta­ris in die Sen­traal-Ka­roo-streek, het dit gis­ter be­ves­tig.

P­rin­ce kon nie vir kom­men­taar be­reik word nie.

Vol­gens Plaat­jies is P­rin­ce Sa­ter­dag uit die hos­pi­taal ont­slaan.

“Hy sterk nou tuis aan,” het hy ge­sê.

“Ons is jam­mer dat ka­me­raad P­rin­ce ge­sond­heids­pro­ble­me het. Dit sal eg­ter geen uit­wer­king hê op ons ver­kie­sings­veld­tog in Beau­fort-Wes en die Sen­traal-Ka­roo-streek nie,” het Den­nis Cruy­wa­gen, ANC-woord­voer­der in die Wes-Kaap, ge­sê.

Vroe­ër is be­rig dat P­rin­ce Vry­dag in die nood­een­heid van die hos­pi­taal op Beau­for­tWes weens die ver­moe­de­li­ke hart­aan­val op­ge­neem is.

P­rin­ce het Vry­dag ook in ’n stem­bood­skap aan sy kol­le­gas ge­sê: “Com­ra­des, ek is nou wel in die hos­pi­taal, maar ek is da­rem nog or­raait. Ons wag net vir ’n paar toet­se, maar ek is in good spi­rit, dankie vir die be­kom­mer­nis en dankie vir die bood­skap­pe, maar ek is or­raait.

“Col­lecti­ve ons be­weeg aan, moe­nie wor­ry nie, baie, baie dankie”.

Fo­to:­ JONATHANLESTRADE,­ SON

Tru­man­ P­rin­ce

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.