Brand kan nie húl dag be­derf

‘Ek en Ja­c­ques het be­sluit ons lag liefs’

Die Burger - - 3 - Ly­dia van der Merwe (Sa­rie) en A­let van der Walt

Ten spy­te van die ver­woes­ten­de bran­de in die O­ver­berg-dis­trik, het die krie­ket­le­gen­de Ja­c­ques Kal­lis en C­har­le­ne En­gels, wat op Kei­moes in die Noord-Kaap groot­ge­word het, geen oom­blik ge­twy­fel dat hul­le wel Sa­ter­dag gaan trou nie.

Dalk net nie soos be­plan op die Bo­na Dea-land­goed in die He­mel-en-Aar­de-val­lei na­by Her­ma­nus nie.

“Dit het Sa­ter­dag­aand nog rond­om die ve­nue ge­brand. Die re­ën Vry­dag­og­gend was nie ge­noeg om al die vlam­me te blus nie. Maar dis as­of die kol­le­tjie waar die ve­nue was, teen al­le vlam­me be­skerm was. Dit was reg­tig die He­re se hand oor ons wat die vuur fi­siek weg­ge­hou het,” sê C­har­le­ne.

Vry­dag moes die def­ti­ge land­goed in­der­haas ont­ruim word. Al­les rond­om die trou-ve­nue is ver­woes, maar die ge­bou self was “deur die ge­na­de” on­ge­skon­de, vol­gens haar.

“Ons het Vry­dag­aand so ne­ge­uur na die ve­nue gaan kyk en be­sluit om nie die troue te skuif nie.

“Die vil­la waar ons sou bly, het eg­ter ge­brand en ons moes an­der ver­blyf soek. Jo­hann en Gaynor Ru­pert, van die gas­te, het aan­ge­bied dat ons, ons ge­volg en my fa­mi­lie by hul­le op On­rus kan oor­bly. Dis ook waar ek Sa­ter­dag aan­ge­trek het.

“Die trou­be­plan­ner Nick Ni­co­la­ou en sy span het deur­nag ge­werk om die ve­nue reg te kry. Die de­kor het ver­brand, die gla­se, ta­fel­ge­rei, by­na al­les . . . Nick moes Sa­ter­dag nog de­kor uit Kaap­stad laat kom. Daar was nie krag of wa­ter nie, maar hy het ge­re­ël vir wa­ter­pom­pe en ’n krag­op­wek­ker.”

Die Gro­ter O­ver­strand-brand­be­stry­dings­ver­e­ni­ging het Sa­ter­dag in ’n ver­kla­ring ge­sê dat die ge­bied son­der krag was na­dat krag­pa­le in die bran­de be­ska­dig is. E­s­kom het deur die nag ge­werk om die krag­toe­voer te pro­beer her­stel, maar kon nog nie al die fou­te reg­maak nie.

C­har­le­ne was ten spy­te van die cha­os deu­ren­tyd kalm.

“Ek en Ja­c­ques het be­sluit om al­les te om­arm en eer­der daar­oor te lag. Dis ’n sto­rie wat ons een­dag vir ons kin­ders kan ver­tel. En wie an­ders kan sê hul trou­fo­to’s is op ’n ver­bran­de stuk swart veld ge­neem?”

Hul lief­des­ver­haal het in 2014 be­gin toe sy ja ge­sê het vir ’n af­spraak ’n maand of wat ná sy uit­tre­de uit in­ter­na­si­o­na­le krie­ket. Sy het nie veel erg aan be­ken­de sport­man­ne en hul “pron­ke­ri­ge leef­styl” ge­had nie – te erns­tig oor haar loop­baan as plaas­li­ke han­dels­merk­be­stuur­der van die pres­ti­ge­ry­ke I­ta­li­aan­se Cam­pa­ri-groep in Kaap­stad. Toe slaan hy haar eg­ter vir ’n ses en sy moes haar krie­ket­ter­me vin­nig on­der die knie kry.

As af­rig­ter van die IPL se Kol­ka­ta K­nig­ht Ri­ders in Indië is krie­ket steeds ’n groot deel van Ja­c­ques se le­we.

C­har­le­ne se meer­min-trou­rok – die boon­ste wit kant­deel ge­bor­duur met pê­rels en kris­tal­le; die on­der­deel lae sag­te net­sy– is deur die P­re­to­ri­a­se ont­wer­per A­nel Bo­tha ge­skep.

Die brui­de­gom wou g’n fie­ter­ja­sies hê nie. By sy swart pak van Fa­bi­a­ni het hy ’n wit hemp en swart das ge­dra. “Niks fun­ny, of vreem­de sok­kies nie. En net nie ’n strik­das nie,” was die ver­soek aan sy bruid. Sy strooi­jon­kers was die voor­ma­li­ge Pro­tea-spe­ler Mark Bou­cher en Grant Veen­stra, ’n be­ken­de in die gholf­wê­reld.

Toe die 160 gas­te Sa­ter­dag­mid­dag 16:00 be­gin op­daag, was al­les ek­sie-per­fek­sie. C­har­le­ne het die paad­jie af­ge­stap met haar pa, Lou­is, én haar ma, He­leen, aan haar sy. Lou­is is ’n dok­ter op Kei­moes. Hy het die lied­jie waar­op hul­le in­ge­stap het, “Arms” van Chris­ti­na Per­ri, ge­kies.

Die gas­te was on­der an­de­re die voor­ma­li­ge Pro­tea-kap­tein Gra­e­me S­mith en sy ver­loof­de, Romy Lan­fran­chi, as­ook SuidA­fri­ka se voor­ma­li­ge Mej. Wê­reld Ro­le­ne S­trauss en haar man, D’Niel. Ook die ei­e­naar van die Kol­ka­ta K­nig­ht Ri­ders, Ven­ky Mys­o­re.

■ Vol­gens die mu­ni­si­pa­li­teit moes in­wo­ners van Frans­kraal teen Vry­dag­mid­dag hul hui­se ont­ruim na­dat ’n weg­hol­veld­brand ook hier uit­ge­breek het.

Wind van tot 90 km/h het die bran­de aan­ge­dryf.

Die brand­be­stry­dings­ver­e­ni­ging sê op Bet­tys­baai is 31 woon­een­he­de in puin ge­lê ter­wyl 28 be­ska­dig is.

’n Ge­raam­de 12 800 ha na­tuur­li­ke veld is in die bran­de ver­woes.

’n Vol­le­di­ge im­pak­stu­die sal ge­doen moet word om vas te stel hoe­veel skaars en be­dreig­de spe­sies deur die brand ge­raak is.Die na­week se re­ën het baie ge­help om die ge­bied af te koel. S­torm­win­de het in die El­gin­val­lei tot ska­de ge­lei. Oor­hoof­se krag­dra­de het aan me­kaar ge­raak en bran­de langs die Pal­mie­t­ri­vier ver­oor­saak.

Win­ger­de en boor­de is deur die bran­de be­dreig, maar swaar re­ën­buie het Vry­dag­aand ge­help om die vuur te blus.

■ Ja­c­ques en C­har­le­ne se troue is eks­klu­sief in Sa­rie se Maart-uit­ga­we, wat van­af 25 Fe­bru­a­rie te koop is.

■ Nog brand-be­rig­te op bl. 4.

Fo­to: HANRI HU­MAN

Ja­c­ques Kal­lis en C­har­le­ne En­gels be­loof trou aan me­kaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.