Droog­te skrik g’n oor­se­se toe­ris­te af

Die Burger - - 3 - Fran­cois Wil­li­ams

Die Kaap­se droog­te en an­der uit­da­gings van die streek het in­ter­na­si­o­na­le be­soe­kers nie af­ge­skrik om ver­le­de jaar Kaap­stad te be­soek nie.

In­ter­na­si­o­na­le pas­sa­siers­ge­tal­le by die Kaap­stad-lug­ha­we was ver­le­de jaar 9,6% meer as in 2017. So­wat

2,6 mil­joen in­ter­na­si­o­na­le be­soe­kers het hier ge­land.

In to­taal was daar eg­ter net ’n toe­na­me van 0,8% in pas­sa­siers­ge­tal­le by die lug­ha­we. Dit het met 84 000 tot 10,77 mil­joen toe­ge­neem.

Die sty­ging in in­ter­na­si­o­na­le pas­sa­siers is teen­ge­werk deur ’n af­na­me van 1,4% in bin­ne­land­se pas­sa­siers.

In De­sem­ber het in­ter­na­si­o­na­le pas­sa­siers met 3,7% toe­ge­neem ver­ge­le­ke met De­sem­ber 2017, ter­wyl daar 0,8% min­der bin­ne­land­se pas­sa­siers as ’n jaar gelede was.

Dit was dus Suid-A­fri­ka­ners self wat weens die Kaap­se droog­te en al­ge­me­ne druk op ver­brui­kers­be­ste­ding af­ge­skrik is om na die Kaap te vlieg.

Ja­mes Vos, Kaap­se bur­ge­mees­ters-ko­mi­tee­lid vir e­ko­no­mie­se ge­leent­he­de en ba­te­be­stuur, sê die Moe­der­stad juig oor die toe­na­me in in­ter­na­si­o­na­le pas­sa­siers­ge­tal­le. “Die spits­sei­soen en toe­ris­me­groei na die streek is be­moe­di­gend. Meer be­soe­kers be­te­ken meer voor­de­le vir die stad en sy men­se.”

Be­ver­ley S­chä­fer, LPW en voor­sit­ter van die staan­de ko­mi­tee oor e­ko­no­mie­se ge­leent­he­de, toe­ris­me en land­bou, sê die toe­na­me in in­ter­na­si­o­na­le sy­fers on­danks die droog­te be­wys die goeie werk van die ven­noot­skap om in­ter­na­si­o­na­le lug­diens­te aan te moe­dig om meer reg­streek­se vlug­te na Kaap­stad aan te bied.

Die Kaap­se droog­te en vre­se oor Dag Ze­ro het ver­le­de jaar in die in­ter­na­si­o­na­le me­dia bloot­stel­ling ge­kry.

Die Ca­pe To­wn Air Access-i­ni­si­a­tief is ’n ven­noot­skap tus­sen Kaap­stad, die pro­vin­si­a­le re­ge­ring, die Lug­ha­wens-maat­skap­py van Suid-A­fri­ka, die han­dels­be­vor­de­rings­a­gent­skap Wes­gro, Kaap­stad Toe­ris­me en SA Toe­ris­me. Se­dert die stig­ting daar­van het dit ge­help om 13 nu­we vlug­roe­tes na Kaap­stad in­ge­stel te kry. Dit het ge­lei tot meer as 1,5 mil­joen ek­stra vlieg­sit­plek­ke na en van Kaap­stad en het se­dert 2015 by­ge­dra tot ’n ek­stra R6 mil­jard se in­kom­ste vir die streek se toe­ris­me­be­dryf, sê Tim Har­ris, uit­voe­ren­de hoof van Wes­gro.

S­chä­fer sê ge­leent­he­de soos die se­wes­rug­by­toer­nooi in De­sem­ber en Qu­een’s Pla­te-per­de­wed­ren in Ja­nu­a­rie sti­mu­leer die toe­ris­me­be­dryf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.