Fo­to­graaf wat men­se red, ver­de­dig hom

Die Burger - - 4 - Ma­re­li­ze Bar­nard

In die na­draai van Vry­dag se ver­woes­ten­de brand in Bet­tys­baai moes ’n fo­to­graaf wat tal­le men­se ge­red en ook die cha­os ver­film het, hom­self op T­wit­ter ver­de­dig.

Jus­tin Sul­li­van van Hout­baai, wat be­kend is vir die fo­to­gra­fie en vi­de­o­werk wat hy saam met brand­weer­le­de doen, het ’n vi­deo van t­wee mi­nu­te op so­si­a­le me­dia ge­plaas wat van die dra­ma­tie­se to­ne­le wys.

Hier­op het Jen­nie Ridy­ard ge­ant­woord dit is haar ne­fie in die vi­deo by sy ou­ma wat ge­val het. “Die per­soon wat die vi­deo ge­neem het, was die e­nig­ste amp­te­li­ke ti­pe per­soon wat hul­le ge­sien het. . . Bly dat hy sy fo­to ge­kry het.”

Hier­op ant­woord Sul­li­van hy het Vry­dag tal­le men­se ge­help. Hy het die vrou ge­vra of sy hulp nodig het, en sy het ge­sê sy is “ou­kei”.

Sul­li­van sê ver­der in sy ant­woord aan Ridy­ard hy is nie ’n amp­te­li­ke per­soon nie en het die brand­weer na hul­le toe ge­stuur. “Moe­nie sar­kas­me uit­deel as jy nie al die in­lig­ting het nie,” sê Sul­li­van in sy T­wit­ter-ant­woord.

By na­vraag het Sul­li­van Vry­dag se er­ge dra­ma in Bet­tys­baai be­skryf.

“Dit was ’n moei­li­ke dag. Die wind het so erg ge­waai, ek kon by­na nie staan­de bly nie. Dit was to­ta­le cha­os,” sê Sul­li­van.

Hy het ’n man na ’n am­bu­lans ge­neem toe hy die vrou langs die pad ge­sien het.

Hy het te­rug­ge­gaan en haar en nog an­der men­se na veiligheid ge­neem.

“Ek is daar om te help. Ek het men­se na veiligheid ge­neem. Ek het ver­by die vrou ge­ry, die man by ’n am­bu­lans af­ge­laai en te­rug­ge­gaan om haar te help. Ek het by haar ge­stop en ge­skree ‘klim in die kar, klim in die kar’,” sê Sul­li­van.

Hy sê dit wat hy ver­film wan­neer hy to­ne­le soos dié af­neem, ver­tel wat ge­beur het en hy hoop ook men­se kan daar­uit leer hoe dit is in sul­ke ge­vaar­li­ke om­stan­dig­he­de, wat hul­le kan ver­wag en hoe hul­le moet re­a­geer.

“Die een goeie ding wat ek ge­sien het, was dat men­se na de­le ge­vlug het waar dit rots­ag­tig is. Dit was goed.

“Wat my wel ge­pla het, was hoe vin­nig men­se ge­jaag het op die paaie ter­wyl die sig baie sleg was weens die rook en men­se in die paaie ge­staan of ge­hard­loop het. Ek was bang ie­mand word raak­ge­ry,” sê Sul­li­van.

Die vi­deo wat Sul­li­van op You­Tu­be ge­sit het, is gis­ter al meer as 300 000 keer ge­kyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.