Trump se be­leid na bui­te ’n ramp

Die Burger - - 8 - Boy Gel­den­huys, Vis­hoek

Dr. Wyn­and Beu­kes skryf “Dankie vir die po­li­tiek-nie-kor­rek­te pres. Do­nald Trump” (09.01).

Som­mi­ge A­me­ri­ka­ners kan soms re­de hê om Trump te be­dank. Sy bui­te­land­se be­leid het eg­ter ramp­spoe­di­ge ge­vol­ge vir dui­sen­de men­se.

In Je­men, bv., is hy me­de-aan­da­dig aan die dood van 8 700 men­se, wat 500 kin­ders in­sluit, met sy vol­ge­houe steun aan Sa­oe­di-Ara­bië se bom­aan­val­le met wa­pens wat hoof­saak­lik deur A­me­ri­ka ver­skaf word.

Sy wei­e­ring om die Sa­oe­di­kroon­prins, Mo­ham­med Bin Sal­man, ver­ant­woor­de­lik te hou vir die gru­dood van die vry­skut­joer­na­lis Ja­mal K­has­hog­gi was die laas­te.

Tal­le van sy par­ty­ge­no­te in die se­naat het teen hom ge­draai en ge­stem vir ’n mo­sie wat vra vir die op­skor­ting van mi­li­tê­re hulp aan Sa­oe­di-Ara­bië in Je­men.

Mis­kien was Jim Mat­tis, voor­ma­li­ge VSA mi­nis­ter van ver­de­di­ging, reg toe hy na be­we­ring ge­sê het Trump se ken­nis van in­ter­na­si­o­na­le aan­ge­leent­he­de is op die­self­de vlak as dié van ’n la­er­skool­kind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.