Aan­soek om pas­poort pro­bleem

Die Burger - - 8 - Ben S­mith, Dur­ban­vil­le

My dog­ter, skoon­seun en hul t­wee seuns ( se­we en 12 jaar oud) is ver­le­de week na die de­par­te­ment van bin­ne­land­se sa­ke se kan­to­re in Bell­vil­le om pas­poor­te vir die seuns te kry. Al­bei ou­ers moet teen­woor­dig wees.

Na­dat hul­le tien en ’n half uur lank in ’n tou ge­staan het, is hul­le uit­ein­de­lik ge­help!

Dit is mos on­ge­hoord om dit van ie­mand te ver­wag. Die de­par­te­ment is glo ge­heel en al “kort aan per­so­neel”.

My seun moet nog gaan vir sy t­wee kin­ders (on­der­skei­de­lik drie jaar en 18 maan­de) se pas­poor­te. Dit is mos on­ge­hoord om dit van die kin­ders te ver­wag.

My vrou en dog­ter is on­langs na die Paarl om hul pas­poor­te te laat her­nu.

Ná hul der­de be­soek, waar hul­le ook ure in ’n tou ge­staan het, is hul­le uit­ein­de­lik ge­help.

Ek is 74 jaar oud, maar ge­luk­kig ver­val my pas­poort eers in 2022. Wat sal dan ge­beur? Ek sal bly wees as ie­mand my kan help om die si­tu­a­sie op te los – bin­ne­land­se sa­ke in­kluis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.