Voet­gan­gers en plak­kers op N1 pla

Die Burger - - 8 - Pie­ter, Brac­ken­fell

Ek wil graag by die Wes-Kaap­se re­ge­ring hoor of hy weet van al die men­se wat dees­dae tus­sen die strui­ke langs die N1 bly? ’n Mens sien die skui­lings dui­de­lik.

Weet hy ook dat al hoe meer mi­ni­bus­taxi’s dees­dae die N1 (mis-)ge­bruik? Weet hy van al die op- en af­laai­pun­te op die N1? Reg­oor die N1 Stad-win­kel­sen­trum is al een.

Ek wil ook weet of voet­gan­gers, duim­gooi­ers en fiets­ry­ers nou op snel­weë toe­ge­laat word.

Se­ker­lik ry daar baie amp­te­na­re wat hier­mee werk, sog­gens werk toe met die N1. Hul­le moet dit tog sien?

Ek nooi Ken­ny A­fri­ca om net een dag saam met my werk toe en te­rug te ry so­dat hy kan sien wat op sy paaie aan­gaan. Dan kan hy sê wat ge­doen word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.