Wie gaan A­fri­ka kry?

Die Burger - - 9 -

A­fri­ka, so lyk dit, word een van die be­lang­rik­ste stryd­to­ne­le van ’n nu­we Koue Oor­log, dié keer tus­sen A­me­ri­ka en C­hi­na. Le­o­pold S­choltz ont­leed ’n vin­nig ver­an­de­ren­de si­tu­a­sie.

’NMens kan die toe­ne­men­de rol van A­fri­ka as die been waar­om hon­de ba­klei, nie son­der ’n vin­ni­ge blik op die ver­le­de ver­staan nie. A­fri­ka word hier ge­de­fi­ni­eer as die vas­te­land suid van die Sahara, aan­ge­sien Noor­dA­fri­ka in al­le be­lang­ri­ke op­sig­te ’n an­der wê­reld­deel vorm.

’n Ge­meen­skap­li­ke draad loop deur die in­ter­na­si­o­na­le po­li­tie­ke rol wat A­fri­ka in die ge­skie­de­nis ge­speel het. Dit is dat din­ge mét die vas­te­land ge­beur het; an­ders as Eu­ro­pa, A­sië, die Mid­de-Oos­te of Noord-A­me­ri­ka het hy nie din­ge láát ge­beur nie.

A­fri­ka het in die 17de eeu be­lang­ri­ker be­gin word as steun­punt vir Eu­ro­pe­se moond­he­de om die han­dels­roe­tes na Oos-A­sië te oor­heers. Dié wed­y­we­ring tus­sen by­voor­beeld Ne­der­land en B­rit­tan­je het die Suid-A­fri­kaan­se ge­skie­de­nis tot in die 19de eeu in­gry­pend be­ïn­vloed.

In die laas­te kwart van die 19de eeu het die “S­torm­loop om A­fri­ka” plaas­ge­vind toe B­rit­tan­je, Duits­land, Frank­ryk, I­ta­lië en Por­tu­gal oor me­kaar ge­val het om de­le van die vas­te­land te an­nek­seer. Dié im­pe­ri­a­lis­tie­se era het, op die ke­per be­skou, be­trek­lik kort ge­duur, want in die 1950’s het Eu­ro­pa, erg deur t­wee wê­reld­oor­loë ver­swak, hom by­na hol­der­ste­bol­der uit A­fri­ka be­gin te­rug­trek.

Die ko­lo­ni­a­le era is op­ge­volg deur ’n in­ter­na­si­o­na­le wed­y­we­ring tus­sen die t­wee nu­we mags­blok­ke in die wê­reld, die Wes­te (A­me­ri­ka en Eu­ro­pa) e­ner­syds en die Sow­jet­u­nie met sy sa­tel­liet­sta­te an­der­syds. Al­bei kan­te het klip­hard ge­vry na die guns van die nu­we ge­slag po­li­tie­ke lei­ers in die pas on­af­hank­lik ge­wor­de A­fri­ka­sta­te.

Baie was op die spel. Nie net is A­fri­ka on­ge­loof­lik ryk aan na­tuur­li­ke hulp­bron­ne nie, maar as jy sy ge­o­gra­fie­se po­si­sie be­kyk, is dit dié plek waar­mee die t­wee mags­blok­ke me­kaar as ’t wa­re met ’n flank­be­we­ging kon tref.

Wie A­fri­ka be­heer het, was in ’n ste­wi­ge po­si­sie om die teen­stan­der te om­vleu­el. En dus is mil­jar­de in dié tyd in A­fri­ka in­ge­pomp om wel­wil­lend­heid te koop.

Die pro­bleem was dat ver­re­weg die mees­te van dié geld in die sak­ke van ’n ge­slag kor­rup­te po­li­ti­ci ver­dwyn het. Bit­ter min het die arm mas­sa se le­we ver­be­ter.

’n S­til­le in­val

Ná die in­een­stor­ting van die Sow­jet­u­nie en die ein­de van die Koue Oor­log was dit die Wes­te (en die We­ster­se de­mo­kra­tie­se mo­del) wat ’n tyd lank die bo­toon in A­fri­ka ge­voer het. Maar die af­ge­lo­pe de­ka­de of wat het C­hi­na stil­weg sy pad in A­fri­ka be­gin in­boor, son­der fan­fa­re, son­der toe­spra­ke of pa­ra­des, een­vou­dig deur al­ler­lei e­ko­no­mie­se ont­wik­ke­lings­pro­jek­te op steeds gro­ter skaal aan te pak.

Wat hier be­lang­rik is, is dat die C­hi­ne­se – an­ders as die Wes­te – nie eis dat A­fri­ka men­se­reg­te na­kom of de­mo­kra­tie­se nor­me hand­haaf nie. Aan­vank­lik word géén ei­se hoe­ge­naamd ge­stel nie.

Gaan­de­weg word dit eg­ter sub­tiel dui­de­lik: Dit sal ge­waar­deer word as A­fri­ka op die in­ter­na­si­o­na­le po­li­tie­ke fo­rums C­hi­na se kant kies.

En met­ter­tyd, kan aan­vaar word, sal daar­die druk, in­dien nodig, steeds min­der sub­tiel word.

Zam­bië is ’n goeie voor­beeld. Die land skuld C­hi­na reeds ê­rens tus­sen $6 mil­jard en $10 mil­jard, en nou het die C­hi­ne­se “aan­ge­bied” om die land se na­si­o­na­le e­ner­gie­ver­skaf­fer as kom­pen­sa­sie oor te neem.

A­fri­ka bly e­ko­no­mies be­lang­rik, ver­al vir ’n land soos C­hi­na, waar die ver­stom­men­de e­ko­no­mie­se ont­wik­ke­ling die af­ge­lo­pe de­ka­de of t­wee e­nor­me hulp­bron­ne verg.

A­fri­ka, word ge­skat, be­vat 30% van die aar­de se kool­wa­ter­stof-re­ser­wes, met in­be­grip van al­ler­lei mi­ne­ra­le wat nood­saak­lik is vir

‘‘

C­hi­na gaan in 2019 on­der A­me­ri­ka en Eu­ro­pa se e­ko­no­mie­se be­trok­ken­heid in A­fri­ka uit­seil.

die ver­vaar­di­ging van mo­der­ne wa­pen­tuig.

Dit pas in by C­hi­na se breë bui­te­land­se be­leid, wat daar­op ge­mik is om vir hom­self ’n po­si­sie as su­per­moond­heid – des­noods ten koste van A­me­ri­ka – uit te kerf.

Die land se stryd­krag­te, ver­al die vloot, is die laas­te tyd e­norm ge­mo­der­ni­seer, en met sy bul­ten­de mi­li­tê­re spie­re het hy een­vou­dig 90% van die Suid-C­hi­ne­se See, tot vlak voor die kus­te van Vi­ët­nam, die Fi­lip­py­ne, Bor­neo en In­do­ne­sië, ge­an­nek­seer.

C­hi­na bou ook sy eer­ste oor­se­se ma­ri­tie­me steun­punt, in die stra­te­gies be­lang­ri­ke D­ji­boe­ti, nog­al na­by ’n A­me­ri­kaan­se ba­sis.

Die kuns­ma­ti­ge ei­land­reeks wat die land in die Suid-C­hi­ne­se See bou, be­te­ken dat C­hi­na ba­sies die toe­gang van die S­til­le O­se­aan na die In­die­se O­se­aan (en dus A­fri­ka) be­heer.

Die ge­paard­gaan­de ba­sis in D­ji­bou­ti be­wys dat C­hi­na se be­lang­stel­ling in die In­die­se O­se­aan en A­fri­ka dui­de­lik on­der meer stra­te­gies van aard is.

’n Twee­de ‘sy­roe­te’

Daar­by brei C­hi­na sy po­li­tie­ke in­vloed­sfeer uit deur die skep­ping van ’n twee­de “sy­roe­te”, ge­noem na die han­dels­roe­te tus­sen C­hi­na en die Ro­mein­se Ryk eeue gelede. Dié roe­te word ver­bind deur nu­we spoor­weë, paaie, lug- en ma­ri­tie­me ver­bin­dings, en groot be­leg­gings.

A­me­ri­ka het maar pas wak­ker ge­skrik. In ’n toe­spraak ver­le­de maand het John Bol­ton, pres. Do­nald Trump se na­si­o­na­le vei­lig­heids­raad­ge­wer, ge­wys op die wy­se waar­op C­hi­na (en in min­de­re ma­te ook Rus­land) in A­fri­ka in­dring. Die groot­ste be­drei­ging in A­fri­ka, het hy ge­sê, kom nie uit die ge­le­de­re van ek­stre­mis­tie­se Mos­lems of ar­moe­de nie, maar van C­hi­na en Rus­land.

Bol­ton het dus ’n fonds ter waar­de van $60 mil­jard ge­skep om C­hi­na se in­vloed in A­fri­ka hok te slaan. Maar vol­gens som­mi­ge

C­hi­ne­se speel slim

Om sa­ke te ver­er­ger, speel die C­hi­ne­se die spel ui­ters slim. Hul­le slaan nie met die ys­ter­vuis op die ta­fel of maak min­ag­ten­de op­mer­kings oor hul me­de­din­gers nie.

Van­dees­week het pres. Xi Jin­ping by­voor­beeld ’n bood­skap aan Trump ge­stuur waar­in hy voor­ge­stel het dat die t­wee saam­werk in A­fri­ka, pleks daar­van om me­kaar teen te werk.

Dit moet ook ge­sien word teen die ag­ter­grond van die feit dat Xi die drei­gen­de han­dels­oor­log met A­me­ri­ka sag wil laat ein­dig.

Nie­te­min bly die ob­jek­tie­we teen­stel­lings be­staan. In die kon­ser­wa­tie­we A­me­ri­kaan­se aan­lyn pu­bli­ka­sie Na­ti­o­nal Re­view skryf die his­to­ri­kus Art­hur Her­man, na­vor­sings­ge­noot aan die Huds­on­in­sti­tuut in Washing­ton: “Hon­ger vir e­ko­no­mie­se voor­deel en kon­tant het die een A­fri­ka­staat ná die an­der hom ge­wil­lig in ’n C­hi­ne­se af­hank­li­ke staat om­skep.”

In Mo­s­kou sit die Rus­se met kwa­lik be­dek­te ple­sier na die si­tu­a­sie en kyk. Tus­sen Rus­land en C­hi­na is ’n los­se stra­te­gie­se bond­ge­noot­skap aan die ont­wik­kel, en dis lo­gies dat ’n ver­stand­hou­ding oor in­vloedsfe­re in A­fri­ka deel daar­van kan wees.

A­fri­ka was al­tyd die vas­te­land waar­mee din­ge ge­beur het, nie die een wat din­ge láát ge­beur nie. Ook in die hui­di­ge tyd bly dit die ge­val: Hy is die gras waar­op die ba­klei­en­de o­li­fan­te trap.

Fo­to: GETTY IMAGES

Pres. Xi Jin­ping van C­hi­na en Do­nald Trump, sy A­me­ri­kaan­se amps­ge­noot, in­spek­teer C­hi­ne­se troe­pe op ’n be­soek van die A­me­ri­kaan­se lei­er aan C­hi­na.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.