En­gel­se spe­lers loop mank on­der Ed­die

Die Burger - - 14 -

Ed­die Jo­nes se oe­fen­me­to­des is op­nuut in die soek­lig met ’n ver­slag van die En­gel­se Rug­by­u­nie (RFU) wat daar­op dui dat spe­lers on­der sy af­rig­ting ver­le­de sei­soen t­wee keer so vat­baar vir be­se­rings was as die ge­mid­del­de se­dert 2002.

Boon­op het daar­die be­se­rings hul­le vyf keer so lank as die ge­mid­del­de bui­te ak­sie ge­hou.

Dié s­ta­tis­tie­ke volg op ’n jaar waar­in et­li­ke spe­lers na hul klubs te­rug­ge­stuur is na­dat hul­le be­se­rings by die En­gel­se span op­ge­doen het. Dit het kri­tiek oor Jo­nes se metodes ont­lok.

Be­son­der­he­de van al die be­se­rings wat En­ge­land se be­roep­spe­lers in klub- en in­ter­na­si­o­na­le wed­stry­de, as­ook oe­fen­ses­sies, op­ge­doen het, is in die ver­slag ver­vat. Ter­wyl die steek­proef vir die 2017-’18-sei­soen on­der Jo­nes be­trek­lik klein is, wys dit tog dat daar op die oe­fen­veld meer as t­wee keer so­veel be­se­rings as die ge­mid­del­de op­ge­doen is.

Bath se ei­e­naar, Bru­ce Craig, het in Mei ver­le­de jaar ge­sê die ve­le be­se­rings by En­gel­se kam­pe is “to­taal on­aan­vaar­baar”.

Jo­nes het te­rug­ge­kap deur te sê Craig het “geen reg” om vir hom te sê hoe om die span voor te be­rei nie. Die RFU het vir Jo­nes in die bres­se ge­tree en sê die in­ten­si­teit van die mo­der­ne spel maak meer be­se­rings on­af­wend­baar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.