Da­kar-en­jins brul weer ná blaas­kans

Die Burger - - 15 -

Die twee­de week van van­jaar se Da­kar-veld­tyd­ren het gis­ter in A­re­qui­pa in Pe­ru af­ge­skop toe span­ne ná ’n wel­ver­dien­de rus­kans Sa­ter­dag vir die ses­de skof na San Ju­an de Mar­co­na ver­trek het.

Die ren het weens mis laat be­gin en was nog met die druk­tyd aan die gang, maar dit was die al­ge­he­le voor­lo­per Nas­ser Al At­tiy­ah wat weer in be­heer van die mo­tor­ren in sy Suid-A­fri­kaan­se ge­bou­de Toyo­ta Hi­lux was.

Al At­tiy­ah en sy Fran­se na­vi­ga­tor, Ma­thieu Bau­mel, het ’n ge­mak­li­ke voor­sprong voor die le­gen­da­rie­se Fran­se tyd­ren­ja­er Se­bas­tien Loeb (Peu­ge­ot) en die vol­gen­de drie ja­ers – die Toyo­tas van die Ne­der­lan­der Bern­hard ten B­rin­ke en die Suid-A­fri­kaan­se Da­kar-held Gi­niel de Vil­liers so­wel as Car­los Sai­nz in sy MINI, wat al­mal ver­le­de week groot tyd­pro­ble­me ge­had het.

Die Suid-A­fri­kaan­se de­buut­ja­ers S­ha­meer Va­ri­a­wa en Za­heer Bod­ha­nya was in hul nop­pies om gis­ter vir die twee­de helf­te van hul eer­ste Da­kar­ren in hul Red Lin­ded-Nis­san Na­va­ra aan te tree.

Va­ri­a­wa en Bod­ha­nya het ’n a­von­tuur­li­ke eer­ste Da­kar-ren tot dus­ver er­vaar en is vas­be­ra­de om die ren te vol­tooi, al is dit heel laas­te.

Die voor­ste mo­tor­fiet­se was teen die druk­tyd ook nog in die snel­tra­jek, en dit was die voor­ja­er Ric­ky Bra­bec (Hon­da) wat die pas aan­ge­gee het. Hy is ge­volg deur Pa­blo Quin­ta­nil­la van C­hi­li (Husq­var­na), die Aus­tra­li­ër To­by P­ri­ce (KTM), Ke­vin Be­na­vi­des (Hon­da) van Ar­gen­ti­nië en die KTM-fiet­se van die Oos­ten­ryk­se ja­er Mat­ti­as Wal­k­ner en die B­rit Sam Sun­der­land.

Die Sui­der-A­fri­kaan­se twee­wiel-Da­kar-hel­de was ook nog aan die gang met Ken­ny Gil­bert (KTM) van P­re­to­ria 27ste by die laas­te na­vi­ga­sie­punt.

Die Botswa­na-ja­er ri­der Ross Branch (KTM) was min­der as ’n se­kon­de ag­ter hom. Die der­de SA mo­tor­fiets­ja­er, S­tu­art G­re­go­ry (KTM), was ook nog in die dui­ne aan die gang.

Hy jaag in die klas vir deel­ne­mers son­der e­ni­ge steun. – Jo­hann Ver­ster

Fo­to: MOTORSPORTSMEDIA.CO.ZA

Ken­ny Gil­bert jaag laat die stof staan op sy KTM.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.