Knys­na: Laas­te o­li­fant ‘in 1970 ge­bo­re’

Die Burger - - 1 - Jackie Kru­ger

Die e­nig­ste oor­bly­wen­de o­li­fant in die Knys­na-bos in die Suid-Kaap is waar­skyn­lik in 1970 ge­bo­re en is heel moont­lik die laas­te o­li­fant­kal­fie wat in Knys­na ge­bo­re is.

Dit is vol­gens ’n ar­ti­kel oor die o­li­fan­te se ge­skie­de­nis wat deur Ryno Jou­bert ge­skryf is. Jou­bert is ’n on­der­wy­ser van Be­no­ni in Gau­teng met ’n voor­lief­de vir die Knys­na-bos en sy o­li­fant(e).

Hy is ook ’n ad­mi­nis­tra­tie­we be­amp­te van die Fa­ce­book-groep The Knys­na E­lep­hants and Fo­re­sts.

San­par­ke het ver­le­de Woens­dag sy na­vor­sing be­kend ge­maak dat daar net een o­li­fant­koei in die Knys­na-bos met be­hulp van ka­me­r­a­strik­ke ge­vind is.

Vol­gens Jou­bert het Nick Car­ter, ’n pro­fes­si­o­ne­le wild­be­waar­der, van Februarie 1969 tot Ja­nu­a­rie 1970 met ’n op­na­me van die Knys­na-o­li­fan­te tien van hul­le ge­tel.

Die mees­te van die die­re was al re­de­lik vol­was­se of oud.

Die jong­ste o­li­fant wat Car­ter ge­vind het, was vyf jaar oud.

Teen die ein­de van die op­na­me, in Maart 1970, is ’n kal­fie ge­bo­re wat die ge­tal op 11 te staan ge­bring het. Die laas­te oor­bly­wen­de Knys­na­o­li­fant, of­te­wel Ou­poot, soos sy deur San­par­ke ge­doop is, is waar­skyn­lik die ein­ste kal­fie wat in 1970 ge­bo­re is.

Vol­gens ge­tui­e­nis was dié ge­boor­te die laas­te van ’n o­li­fant in Knys­na wat op re­kord was. Daar was ge­rug­te dat ’n kal­fie in 1989 ge­bo­re is, maar geen ge­tui­e­nis daar­van is ge­vind nie.

Vol­gens Jou­bert beteken dit Ou­poot word in Maart van­jaar 49 jaar oud. Haar pa, wat C­ham­pi­on deur Car­ter ge­doop is, was die groot­ste o­li­fant wat hy in sy op­na­me in die Knys­na-bos ge­vind het. C­ham­pi­on was so­wat 3,4 m hoog.

In 1983 is die ske­let van ’n ou bul in Har­ker­vil­le, suid van die N2, ge­vind deur men­se wat va­rings ge­oes het. Da­ve Rey­nell, ’n af­ge­tre­de bos­bou-amp­te­naar, het die ske­let ver­ge­lyk met die in­lig­ting oor C­ham­pi­on wat deur Car­ter ge­vind is. Hy het tot die slot­som ge­kom dat dit C­ham­pi­on se oor­skot is. Vol­gens Rey­nell was die bul twee tot drie jaar dood voor­dat sy oor­skot ge­vind is.

Die ske­let word in die Fo­rest Le­gends-mu­seum in Diep­wal­le uit­ge­stal.

Vol­gens Jou­bert is Ou­poot se ma waar­skyn­lik die o­li­fant wat die ma­tri­arg van die trop was. Sy is die laas­te keer in 2000 (toe sy so­wat 60 jaar oud was) deur die skry­wer Ly­all Watson ge­sien toe hy op die af­grond van klo­we aan die strand by Har­ker­vil­le na die see ge­kyk het.

Car­ter het dié o­li­fant El­der­ber­ry in sy op­na­me ge­noem. El­der­ber­ry (of­te­wel die ma­tri­arg) het ge­boor­te ge­gee aan ’n o­li­fant­kalf wat in 1968 dood is toe ’n boom op hom in Har­ker­vil­le ge­val het en toe weer aan Ou­poot in Maart 1970.

’n Foto wat by Jou­bert se ar­ti­kel van 1977 ver­skyn het, wys hoe C­ham­pi­on, El­der­ber­ry en ’n kalf (waar­skyn­lik Ou­poot) wei suid van die N2 in die Gar­den of E­den-ge­bied.

Foto:­ NICK­ CAR­TER

1969: Die groot C­ham­pi­on (links) en die ma­tri­arg, El­der­ber­ry, op 1 Mei 1969 voor Ou­poot se ge­boor­te in Har­ker­vil­le.

Foto:­ JOHAN­ HUISAMEN

Die ma­tri­arg, El­der­ber­ry , is in 1994 deur Johan Huisamen in die Knys­na-bos af­ge­neem.

Foto:­ E.M.­ WILLIAMS

Die o­li­fan­te C­ham­pi­on, El­der­ber­ry en ’n kalf (waar­skyn­lik Ou­poot) in 1977 deur E.M. Williams in die Gar­den of E­den-ge­bied af­ge­neem.

Foto:­ litt­le­wood­gar­den.blog­spot

C­ham­pi­on se ske­let van so­wat 3,4 m hoog in die Fo­rest Le­gends Mu­seum in Diep­wal­le.

Foto:­ VERSKAFDEUR­ DA­VE­ REY­NELL

Da­ve Rey­nell by die oor­skot van die ou bul (C­ham­pi­on) wat in 1983 ont­dek is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.