Pas­maat-pro­ble­me? Daar is nou Tin­der vir bees­te

Die Burger - - 1 -

Is jy ’n boer wat suk­kel om die i­de­a­le pas­maat vir jou stoet­bul te vind? Of won­der jy dalk waar­van­daan die pap­pa van Dai­sy se vol­gen­de kal­fie gaan kom? Moe­nie vrees nie – daar is hulp!

’n B­rit­se be­gin­ne­ron­der­ne­ming het met ’n blink i­dee vo­ren­dag ge­kom: Tin­der, maar vir bees­te.

Met Tud­der kan boe­re deur die foto’s van ver­skil­len­de die­re soek en ge­skik­te pas­maats kies op grond van ver­skeie be­son­der­he­de, soos die dier se ou­der­dom, lig­ging en eienaar.

Sodra die boer ’n ge­skik­te maat vind, vee hy – nes op Tin­der – die foto na regs.

Tud­der vier dié oom­blik met die lui­de ge­bulk van ’n bees.

Die be­trok­ke boe­re word via die on­der­ne­ming se web­werf met me­kaar in ver­bin­ding ge­bring waar ’n aan­bod ge­doen word om die be­trok­ke bees te koop of om van sy “diens­te” ge­bruik te maak.

Hec­ta­re, die on­der­ne­ming wat Tud­der be­gin het, sê die app is juis ont­werp om “skaam plaas­die­re te help om hul siels­ge­no­te te vind”.

Om die die­re op ’n app te smous, be­spoe­dig die pro­ses aan­sien­lik, sê die stig­ters.

Die die­re se pro­fiel­be­skry­wings bevat ook an­der be­lang­ri­ke in­lig­ting, soos die dier se ka­rak­ter en ge­sond­heids­kwes­sies.

Be­skry­wings van die dier se ka­rak­ter kan wis­sel van iets soos: “Die groot, sterk soort wat goeie vleis­koeie le­wer”, tot: “’n Stil, mooi ge­bou­de jong bul, ge­reed om te werk.”

Boe­re kan ook hul aanlyn soek­tog ver­fyn deur spe­si­fiek te soek na or­ga­nie­se of ras­eg­te vee of pla­se uit te sluit waar tu­ber­ku­lo­se aan­ge­meld is.

Mar­cus Lam­pard (76), ’n boer van Car­mar­thens­hi­re in die suid­wes­te van Wal­lis, sê dit is baie mak­li­ker om vee aanlyn te ad­ver­teer. Hy lys tans ’n ras­eg­te stoet­bul op Tud­der.

“Dit is ’n las om die die­re na ’n mark te neem,” sê hy.

“As ek met ’n bul na ’n mark moet reis, staan al­les op die plaas vir min­stens twee we­ke bot­stil.”

Lam­pard sê sy dogter skep die bees­te se pro­fie­le vir hom op die app.

Hec­ta­re het meer as $3,9 mil­joen van be­leg­gers ont­vang, wat die skry­wer Ri­chard Koch en die ten­nis­ster An­dy Mur­ray in­sluit.

So­wat ’n der­de van pla­se in B­rit­tan­je ge­bruik reeds Hec­ta­re se plat­form om vee en voer te ver­han­del.

Tud­der is tans nog net in B­rit­tan­je beskikbaar.

Foto: GETTY IMAGES

Tud­der is soos Tin­der, maar vir bees­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.