Hi­dro­krag: S­teen­bras­dam kan Kaap nie help tot A­pril

Die Burger - - 1 - Mal­her­be Nie­na­ber

Weens nood­saak­li­ke in­stand­hou­dings­werk kan die S­teen­bras­dam nie hi­dro­krag op­wek om die uit­wer­king van beurtkrag in Kaap­stad te ver­sag nie.

Die Kaap­stad-me­tro het gis­ter ge­sê die werk by dié op­gaar­dam tus­sen Gor­dons­baai en Gra­bouw sal tot A­pril voort­duur.

In ge­val­le waar beurtkrag aan­ge­kon­dig is, word die S­teen­bras­dam gewoonlik ge­bruik om by­ko­men­de ka­pa­si­teit op te wek. P­hin­di­le Max­i­ti, bur­ge­mees­ters­ko­mi­tee­lid vir e­ner­gie, sê dit het in die ver­le­de ge­help om ge­brui­kers op ’n la­er vlak van beurtkrag te hou, maar is tans nie moont­lik nie weens die in­stand­hou­dings­werk.

“Dié werk is be­plan vir die tyd van die jaar wan­neer die krag­ge­bruik op sy laag­ste is om die uit­wer­king op ge­brui­kers te be­perk. Met E­s­kom se jong­ste beurtkrag kan die me­tro­raad eg­ter nie by­stand aan sy kli­ën­te bied nie.”

Fa­se 2-beurtkrag is Son­dag aan­ge­kon­dig en E­s­kom het dit gis­ter­mid­dag na fa­se 4 ver­hoog.

Vol­gens Max­i­ti is krag­ge­bruik in Kaap­stad reeds be­trek­lik laag weens be­spa­rings­veld­tog­te oor die ja­re.

“Om min­der krag te ge­bruik sal dus nie nou help om die uit­wer­king van beurtkrag te ver­sag nie, ve­ral weens die werk aan die S­teen­bras-krag­ske­ma.”

Die me­tro­raad het na­vrae oor beurtkrag na E­s­kom ver­wys.

In Ju­nie ver­le­de jaar het die me­tro­raad aan­ge­dui dat

180 MW krag by dié hi­dro­krag­sta­sie op­ge­wek word.

Snags word e­lek­tri­si­teit dan teen ’n goed­ko­per ta­rief van E­s­kom aan­ge­koop om wa­ter van­af die Be­ne­de-S­teen­bras­dam na die S­teen­bras­dam te pomp so­dat dit deur die hi­dro­kragtur­bi­nes kan loop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.