Kos­te: ‘Kan land tot R5 mil­jard per dag kos’

Die Burger - - 1 - La­meez O­mar­jee, Fin24 en El­vi­ra Wood

Die on­der­bre­kings wat ver­oor­saak word deur die beurtkrag wat die na­week be­gin het, sal ’n na­de­li­ge uit­wer­king hê op die kos­te wat klein­sa­ke­on­der­ne­mings in ver­skeie sek­to­re moet dra, het ver­teen­woor­di­gers in die be­dryf en ont­le­ders gis­ter ge­sê.

“Beurtkrag is baie duur, nie net vir E­s­kom nie, want ons kan nie so­veel e­lek­tri­si­teit ver­koop soos wat ons wou nie, maar ook vir die land,” het K­hu­lu Pashi­we, woord­voer­der van E­s­kom, ge­sê.

Hy het ge­sê tal­le maat­skap­pye wat krag ge­bruik, sal hul be­dryfsu­re moet in­kort.

Ni­col Jan­sen, voor­sit­ter van A­gri SA se sen­trum vir uit­ne­mend­heid in e­ko­no­mie en han­del, het gis­ter ook dié land­bou­or­ga­ni­sa­sie se kom­mer oor die ne­ga­tie­we uit­wer­king op die land­bou­sek­tor en die bre­ër waar­de­ket­ting uit­ge­spreek.

“Beurtkrag sal ’n im­pak hê op be­dry­we wat van be­sproei­ing af­hank­lik is en wat e­ner­gie-in­ten­sief is soos tuin­bou, suiwel, pluim­vee, graan en a­gro-ver­wer­king.

“Die ne­ga­tie­we in­vloed raak pro­du­sen­te so­wel as ver­brui­kers om­dat dié sub­sek­to­re ’n be­lang­ri­ke rol in Suid-A­fri­ka se voed­sel­se­ker­heid speel. Meer as 25% van die land se kos word onder be­sproei­ing ge­pro­du­seer, as­ook deur e­ner­gie-in­ten­sie­we-be­dry­we.”

Vol­gens Jan­sen het A­gri SA op 22 Ja­nu­a­rie met E­s­kom ver­ga­der om die ne­ga­tie­we uit­wer­king van beurtkrag op die land­bou­sek­tor te ver­lig.

“In die kon­teks van voed­sel­se­ker­heid is E­s­kom ver­soek om die land­bou­sek­tor van fa­se 1beurt­krag uit te sluit. E­s­kom het eg­ter aan­ge­dui dat dit nie moont­lik sal wees nie aan­ge­sien dié sek­tor nie deur ’n toe­ge­wy­de land­bou­net­werk ge­diens word nie en dat an­der be­lang­heb­ben­des op dieselfde wy­se deur beurtkrag ge­raak word,” sê Jan­sen.

Paul Ma­ku­be, se­ni­or land­bou­e­ko­noom by FNB, het aan Fin24 ge­sê er­va­ring het ge­toon dat beurtkrag teen ’n prys kom vir boe­re, aan­ge­sien hul­le voor­sie­ning daar­voor moet maak om krag­op­wek­kers te ge­bruik om aan die gang te bly.

“Boe­re mag dalk druk er­vaar as die kos­te om hul werk­saam­he­de aan die gang te hou toe­neem,” het hy ge­sê.

“As dit lank aan­hou, sal dit uit­ein­de­lik duur­der voed­sel­pro­duk­sie tot ge­volg hê. Dit sal weer na die ver­brui­ker deur­sy­fer en uit­ein­de­lik voed­selin­fla­sie op­jaag,” het Ma­ku­be ge­sê.

Ma­ri­que Kru­ger, ’n e­ko­noom van die Staal-en-In­ge­ni­eur­sny­wer­he­de­fe­de­ra­sie van Sui­der A­fri­ka (Seif­sa), sê e­lek­tri­si­teit maak 2% (of R9,3 mil­jard) van ys­ter- en staal­pro­duk­te se in­set­kos­te uit.

“Beurtkrag kom op ’n tyd wat die me­taal- en in­ge­ni­eurs­sek­tor be­gin sta­bi­li­seer het. Beurtkrag kan die me­de­din­gend­heid van die sek­tor be­ïn­vloed.”

S­haun Nel, woord­voer­der van die van die E­ner­gie-in­ten­sie­we Ge­brui­kers­groep van Suid-A­fri­ka, wie se le­de Sa­sol, Mon­di, Si­ba­nye-S­til­l­wa­ter en Ang­lo American in­sluit, het ge­waar­sku dat beurtkrag tot ge­volg sal hê dat smel­t­aan­leg­te sal moet toe­maak.

“Beurtkrag, of die ge­brek aan krag, laat ver­skeie on­der­ne­mings hul smelt­be­dry­wig­he­de her­oor­weeg,” het Nel ge­sê.

Ja­ni­ne My­burgh, president van die Kaap­se Ka­mer van Koop­han­del, het ook in ’n ver­kla­ring ge­waar­sku oor die im­pak wat beurtkrag op werk­ge­leent­he­de en be­leg­ging sal hê.

“Fa­se 4-beur­krag is in­der­daad baie erns­tig en sal ’n uit­wer­king op han­del en ny­wer­heid hê.

“Dit sal ook die werk van an­der wer­kers be­ïn­vloed, en dis tyd dat wer­kers wie se werk in die ge­drang is ook hul stem­me laat hoor.

“Ek kan sien dat bui­te­land­se be­leg­gers weg­draai.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.