Kon­sta­bel ge­o­pe­reer ná skie­te­ry op N2

Die Burger - - 1 - May­ge­ne de Wee

Een van die twee me­tro­po­li­sie­be­amp­tes wat gis­ter in die vroeë og­gend­u­re na­by die Bor­chards Qu­ar­ry-wis­se­laar op die N2 in Kaap­stad ge­skiet is, is gis­ter­mid­dag ge­o­pe­reer om ’n koe­ël uit sy lig­gaam te ver­wy­der.

Die be­amp­tes is vol­gens die Kaap­stad-me­tro in ’n lok­val ge­lei.

Ri­chard Bos­man, uit­voe­ren­de di­rek­teur van vei­lig­heid en se­ker­heid in die me­tro, sê die kon­sta­bel is twee keer raak­ge­skiet, een keer in sy reg­ter­been en een keer na­by sy heup. Sy kol­le­ga, ’n vrou­e­ser­sant, is in haar been ge­skiet.

Sy is reeds uit die hos­pi­taal ont­slaan. “Dit was ge­luk­kig net ’n vleis­wond.”

Al­bei die be­amp­tes is 44 jaar oud.

JP S­mith, bur­ge­mees­ters­ko­mi­tee­lid vir vei­lig­heid en se­ker­heid, sê die twee be­amp­tes is in ’n lok­val ge­lei. “Op kring­te­le­vi­sie kan dui­de­lik ge­sien word hoe men­se klip­pe in die pad pak. Die twee be­amp­tes het ge­re­a­geer om die klip­pe te ver­wy­der. In­tus­sen het ’n an­der voer­tuig oor die klip­pe ge­ry en van die pad ge­trek.”

S­mith sê daar kan ge­sien word hoe ’n an­der voer­tuig die een wat oor die klip­pe ge­ry het, na­der. “Dit lyk a­sof die in­sit­ten­des van die twee­de voer­tuig die men­se in die eer­ste voer­tuig wil help. Toe ons be­amp­tes by die twee voer­tuie stil­hou, het ’n in­sit­ten­de van die twee­de voer­tuig eg­ter op hul­le be­gin skiet.”

Die mo­to­ris in die eer­ste voer­tuig is ook ge­wond.

“Ons be­amp­tes sal van nou af el­ke si­tu­a­sie as ’n moont­li­ke lok­val moet be­na­der. Dit kan diens­le­we­ring raak, maar ons kan ook nie dat be­amp­tes se le­we in ge­vaar ge­stel word nie.”

Die ver­dag­te het met een van die be­amp­tes se vuur­wa­pen, ’n twee­rig­ting­ra­dio en per­soon­li­ke be­sit­tings ge­vlug.

’n Be­lo­ning van R50 000 is uit­ge­loof vir e­nig­ie­mand wat in­lig­ting het wat tot die in­heg­te­nis­ne­ming van die ver­dag­tes kan lei.

Foto: TWIT­TER | CA­PE TO­WN FREEWAY

Die to­neel gis­ter­og­gend waar twee me­tro­po­li­sie­be­amp­tes en ’n on­be­ken­de mo­to­ris ge­skiet is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.