Broer ‘in duis­ter’ ná moord by Lut­z­vil­le

Die Burger - - 1 - May­ge­ne de Wee

“Ek is steeds net so in die duis­ter soos toe ek gis­ter (Son­dag) die ty­ding van my broer se dood ge­kry het.”

So het Herman Louw, broer van die drui­we­boer Ja­co Louw (57) van plaas 51 bui­te Lut­z­vil­le aan die Wes­kus, gis­ter ge­sê.

’n Plaas­wer­ker het Louw se lyk Son­dag­og­gend met veel­vou­di­ge steek­won­de op sy plaas ont­dek. Louw het glo al­leen op die plaas gewoon.

Herman, wat in Na­mi­bië woon, het Son­dag in­der­haas na Lut­z­vil­le ge­reis nadat hy die ty­ding van sy broer se dood ge­kry het.

Hy het gis­ter ge­sê sy broer se seuns woon in S­wit­ser­land en hul­le is op pad na SuidA­fri­ka.

Ian Ca­me­ron, A­friForum se hoof van ge­meen­skaps­vei­lig­heid, het gis­ter ge­sê speur­ders van die po­li­sie se fo­ren­sie­se af­de­ling het Son­dag laat op die to­neel aan­ge­kom. Hul­le is van­uit Kaap­stad ont­bied en het gis­ter nog na lei­dra­de ge­soek.

“Ons weet nog niks ver­der nie. Nie na hoe­veel ver­dag­tes daar ge­soek word nie – niks,” sê Ca­me­ron.

Kapt. F­re­de­rick van Wyk, po­li­sie­woord­voer­der, het die voor­val be­ves­tig. Hy sê Louw se lyk is om­streeks 10:45 op die plaas ge­kry.

“Vol­gens in­lig­ting het die po­li­sie op die to­neel die lyk van ’n 57-ja­ri­ge man met veel­vou­di­ge steek­won­de ge­kry. Nie­mand is nog in heg­te­nis ge­neem nie,” sê Van Wyk.

’n Be­roep is op in­wo­ners van die ge­meen­skap ge­doen om die Lut­z­vil­le-po­li­sie by 027 217 4000 met moont­li­ke in­lig­ting oor die moord te kon­tak.

Ja­co Louw, ’n drui­we­boer van Lut­z­vil­le, wie se lyk Son­dag op sy plaas bui­te Lut­z­vil­le ge­vind is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.