‘Won­der­ba­ba’ sterk goed aan ná sy uit storm­wa­ter­pyp ge­red is

Die Burger - - 1 - Ka­veel Singh, News 24

Die pas­ge­bo­re ba­ba wat gis­ter­og­gend uit ’n storm­wa­ter­pyp in Dur­ban ge­red is, sterk goed aan.

Dok­ters by die Albert Lut­hu­li­hos­pi­taal, waar die mei­sie­tjie be­han­del word, sê sy is wak­ker, re­a­geer en huil.

“Haar glu­ko­se- en sui­ker­vlak­ke is goed. Sy is sta­biel ge­noeg om na ’n ge­wo­ne hos­pi­taal oor­ge­plaas te word,” het dr. Ti­mothy Har­d­cas­t­le ge­sê en by­ge­voeg van hul­le kant af is al die moont­li­ke ge­doen.

“Sy het niks ge­breek nie en het geen erns­ti­ge be­se­rings op­ge­doen nie.”

Vol­gens Har­d­cas­t­le is die ba­ba, wat nou as die “won­der­ba­ba” be­kend staan, nie ou­er as drie dae nie.

Sy het net ná 10:00 by die hos­pi­taal aan­ge­kom.

“Ons is deur die he­li­kop­ter­diens­te en ’n pri­va­te am­bu­lans­diens ge­kon­tak oor die kind wat hul­le uit ’n storm­wa­ter­pyp ge­red het. Hul­le weet nie hoe lank sy daar was nie. Hul­le het ge­vra of ons die ba­ba sal in­neem.”

Hy het ge­sê toe sy by die hos­pi­taal aan­kom, was haar tem­pe­ra­tuur hul groot­ste uit­da­ging.

Die per­so­neel by die hos­pi­taal glo dat haar oor­le­wing ’n won­der­werk is.

“Dit lyk of sy min­stens vyf uur lank in ’n storm­wa­ter­pyp vas­ge­vang was.”

Die ba­ba is uit die pyp ge­red ná ’n red­dings­po­ging van lan­ger as drie uur. Ver­by­gan­gers het ge­hoor hoe die kind huil en die o­wer­he­de in ken­nis ge­stel.

Die oom­blik toe die ba­ba uit­ge­haal is, is op ka­me­ra vas­ge­lê.

Foto: TWIT­TER

’n Pas­ge­bo­re ba­ba word gis­ter uit ’n storm­wa­ter­pyp in Dur­ban ge­red.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.