Hof­meyr­ont­ken­in­men­ging­in­te­rug­trek­van­klag­te­teen­Zu­ma

Die Burger - - 2 -

Wil­lie Hof­meyr, na­si­o­na­le ad­junk-di­rek­teur van o­pen­ba­re ver­vol­ging, het gis­ter aan­ty­gings ont­ken dat hy po­li­ties in­ge­meng het om aan­klag­te teen oud­pres. Ja­cob Zu­ma te laat vaar.

Adv. Nor­man A­rend­se het Hof­meyr gis­ter onder kruis­ver­hoor by die Mok­goro-kom­mis­sie van on­der­soek uit­ge­vra.

“Ek ver­staan nie heel­te­mal wat jy be­doel die po­li­tie­ke in­men­ging was nie. Dit was ’n be­sluit deur die top­be­stuur en ons het nie e­ni­ge po­li­ti­ci se me­ning ge­vra nie,” het hy ge­sê.

Die kom­mis­sie on­der­soek die ge­skikt­heid van ad­vv. Nom­g­co­bo Ji­ba, ge­skors­te na­si­o­na­le ad­junk­di­rek­teur van o­pen­ba­re ver­vol­ging, en La­wren­ce Mr­we­bi, ge­skors­te spe­si­a­le di­rek­teur van o­pen­ba­re ver­vol­ging, om hul amp­te te be­klee.

Die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag het voor die ver­kie­sing in 2009 onder adv. Mo­ko­te­di Mps­he, des­tyd­se waar­ne­men­de hoof, se lei­er­skap al­le aan­klag­te van be­drog en kor­rup­sie teen Zu­ma van die hof­rol ge­skrap.

Hof­meyr sê hoe­wyl hy een van vyf is wat oor die te­rug­trek­king van die aan­klag­te moes be­sluit, was dit “reg­tens mnr. Mps­he se be­sluit om die aan­klag­te te laat vaar”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.