Man­de­la-mi­kro­mu­seum van­dag by la­er­skool ge­o­pen

Die Burger - - 5 - Ané van Zyl

’n Mi­kro­mu­seum ter ere van oud­pres. Nel­son Man­de­la word van­dag by die La­er­skool Jan van Rie­beeck in Kaap­stad ge­o­pen.

’n Re­pli­ka van Man­de­la se sel op Rob­ben­ei­land sal onder meer in die iMa­di­ba-mu­seum te sien wees.

Die iMa­di­ba-pro­jek is ’n wê­reld­wye kuns­pro­jek deur die kuns­te­naar en fo­to­graaf Er­hardt T­hiel.

“Se­ment­struk­tu­re word ge­bou met die pre­sie­se uit­leg van Ma­di­ba se sel op Rob­ben­ei­land en funk­si­o­neer as in­ter­ak­tie­we kuns­in­stal­la­sies. Dit vier die ikoon se er­fe­nis deur die be­vor­de­ring van ge­sprek­ke in vei­li­ge ruim­tes,” sê T­hiel.

Dit sal die 19de mi­kro­mu­seum in Suid-A­fri­ka wees en die der­de skool, naas die Paul Roos Gim­na­si­um in S­tel­len­bosch en St. S­ti­thi­ans Col­le­ge in Rand­burg, wat dit uit­stal.

“Ek sal nooit die dag vergeet toe mnr. Man­de­la na ons skool ge­kom en met die leer­lin­ge ge­praat het nie. Hy het tyd ge­maak om hon­der­de van hul­le te groet en het ’n bly­wen­de in­druk ge­maak op hier­die ont­vank­li­ke ge­moe­de­re,” sê Johan Oost­hui­zen, skool­hoof.

“Mnr. Man­de­la was ie­mand wat, selfs in sy tyd op Rob­ben­ei­land, eer­li­ke de­bat en ge­sprek in ’n groep waar el­ke stem ge­hoor word, aan­ge­moe­dig het,” sê T­hiel. “Ek sien hier­die mi­kro­mu­seums as ‘luis­ter­hoe­ke’ eer­der as ‘praat­hoe­ke’. Dit is waar men­se van al­le vlak­ke van die sa­me­le­wing me­kaar kan leer ken en ver­staan in ’n gees van aan­vaar­ding,” sê hy.

Tom Mo­ses, ’n voor­ma­li­ge ge­van­ge­ne op Rob­ben­ei­land, en Zel­da la Gran­ge, Man­de­la se pri­va­te se­kre­ta­res­se, sal praat­jies le­wer.

Oud­pres. Nel­son Man­de­la met sy be­soek aan die La­er­skool Jan van Rie­beeck in die 1990’s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.