Koe­doe-on­ge­luk: ‘LUR dra die blaam’

Die Burger - - 5 - Mi­ke van Rooy­en Werner Ro­berts

Die LUR vir paaie in die Vry­staat is ten vol­le ver­ant­woor­de­lik vir die ska­de wat ’n voor­ma­li­ge rug­by­kap­tein van G­rey-Kol­le­ge in Bloem­fon­tein se eer­ste span ge­ly het toe hy met ’n mo­tor ’n koe­doe ge­tref het, is in die Vry­staat­se hoog­ge­regs­hof be­slis.

Werner Ro­berts (22) se plan­ne om pro­fes­si­o­ne­le rug­by te speel, is in sy ma­triek­jaar die nek­slag toe­ge­dien toe die uit­ge­groei­de koe­doe­bul so­wat

5 km van Hert­zog­vil­le af uit dig­te bos­se oor die pad ge­spring het.

Ro­berts boer nou saam met sy pa, Jim­my, op die plaas Ne­w­lands in die dis­trik.

Hoe­wel die pre­sie­se be­drag van sy eis la­ter be­paal sal word, eis Werner voor­lo­pig R1,2 mil­joen van die LUR vir ska­de en sy pa R183 674 vir die me­die­se kos­te wat hy reeds be­taal het.

Reg­ter Jo­hann Daf­fue het oor die me­rie­te van die eis be­vind as die LUR se amp­te­na­re hul werk ge­doen en die bos­se langs die pad uit­ge­kap het, sou Werner waar­skyn­lik die koe­doe be­dus tyds ge­sien het en kon die bot­sing ver­my ge­wees het. Om­dat ’n koe­doe ’n re­la­tief sku bok is, sou hy waar­skyn­lik nie daar ge­wei het as die dig­te bos­se nie daar was nie.

Die ver­wy­de­ring van die s­trui­ke en bo­me langs die pad en om dit onder beheer te hou, sou nie ’n hoop geld ge­kos het nie.

Die LUR be­hoort span­ne men­se te hê wat ge­reeld na die paaie om­sien.

Die LUR het be­sluit om nie sul­ke ge­tui­e­nis aan te bied nie en die hof is in die duis­ter ge­laat oor of daar wel sul­ke on­der­houds­pro­gram­me is en hoe dit uit­ge­voer word, het Daf­fue ge­sê.

Ro­berts en sy des­tyd­se vrien­din, Ni­co­la van Heerden, was hel­der oor­dag op 26 Ju­nie 2015 in haar ma se mo­tor van Bloem­fon­tein na Hert­zog­vil­le op pad toe die bot­sing ge­beur het.

Ni­co­la, des­tyds kap­tein van die eer­ste net­bal­span van die Ho­ër Mei­sie­skool O­ran­je, het aan die pas­sa­siers­kant van die mo­tor ge­sit. Dit was die kant van waar die koe­doe ge­spring het, maar s het erns­ti­ge be­se­rings vry­ge­spring.

Ro­berts het er­ge snye aan sy kop, ge­sig en arms op­ge­doen, maar ve­ral sy reg­ter­skou­er en -arm is erns­tig be­seer. Sy lin­ker­hand was ge­breek en sy lin­ker­knie be­seer.

Die koe­doe se kop was mors­af. Adv. Jou­bert Ziets­man het in op­drag van Hen­ry Bu­ch­ner van Ho­ney­pro­ku­reurs vir Ro­berts op­ge­tree. Ad­vv. Neil S­nel­len­burg SC en L.R. Bo­me­la het in op­drag van die staats­pro­ku­reur vir die LUR op­ge­tree.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.