Skool hou dis­si­pli­nê­re on­der­soek ná klap in klas

Die Burger - - 7 - May­ge­ne de Wee

Die A­fri­kaans-on­der­wy­se­res by die Sans Sou­ci Gi­rls’ High S­chool in Nu­we­land wat ver­le­de Dins­dag glo een van haar leer­lin­ge ty­dens ’n on­der­on­sie tus­sen hul­le ge­klap het, be­rei haar voor vir ’n hof­saak.

Cla­ris­sa Ven­ter (34), die on­der­wy­se­res, en die gr. 9-leer­ling wat glo ge­klap is, is Don­der­dag nadat ’n vi­deo van die voor­val op so­si­a­le me­dia ver­sprei is al­bei han­gen­de ’n dis­si­pli­nê­re on­der­soek ge­skors.

Die leer­ling se ma het gis­ter ge­sê haar 16-ja­ri­ge dogter moet Don­der­dag voor ’n tug­ko­mi­tee ver­skyn.

Op ’n vraag hoe dit met haar kind gaan, het sy ge­sê: “Onder omstandighede be­ter as ver­le­de week. Sy pro­beer sterk wees, daar is geen al­ter­na­tief nie. En ek moet ook nou sterk wees vir haar.”

Die ma, ’n en­kel­ou­er, sê dat sy regs­ver­teen­woor­di­ging vir haar kind ge­kry het.

“Daar is men­se wat hul diens­te vry­wil­lig vir ons aan­ge­bied het. Ek het nie geld vir regs­kos­te nie en is in­nig dank­baar vir elkeen wat uit­reik.”

Ven­ter en ’n ver­teen­woor­di­ger van die Suid-A­fri­kaan­se On­der­wy­sers­u­nie (SAOU) is Vry­dag na ’n Kaap­stad­se pro­ku­reur met uit­ge­brei­de ken­nis van straf­reg­te­li­ke sa­ke.

Chris Klop­per van die SAOU het gis­ter ge­sê hul­le is na die pro­ku­reur om Ven­ter by te staan sou sy voor ’n hof ge­daag word.

Die ma van die leer­ling het ver­le­de Woens­dag nadat ’n vi­deo van die on­der­on­sie op so-si­a­le me­dia ver­sprei is ’n klag van aan­ran­ding by die Cla­re­mont-po­li­sie teen Ven­ter in­ge­dien.

Ven­ter het op haar beurt ’n soort­ge­ly­ke klag teen die kind by dieselfde po­li­sie­kan­toor in­ge­dien.

Klop­per sê die dis­si­pli­nê­re on­der­soek teen Ven­ter en die leer­ling be­hoort teen Vry­dag af­ge­han­del te wees.

So ’n on­der­soek neem gewoonlik tus­sen vyf en tien werk­dae, sê hy.

Vol­gens hom gaan hul­le be­slis daar­op aan­dring dat Ven­ter deur ’n ge­skik­te per­soon by die dis­si­pli­nê­re on­der­soek ver­teen­woor­dig word.

“Word sy nie deur ie­mand by­ge­staan nie, sal dit daar­op neer­kom dat sy nie ’n bil­li­ke ver­hoor kry nie.”

Hy sê Ven­ter sal vol­gens ar­beids­wet­ge­wing voor ’n dis­si­pli­nê­re ko­mi­tee ge­daag word en die leer­ling vol­gens die skool se ge­drags­ko­de.

Klop­per doen ver­der ’n be­roep op men­se om die voor­val te sien in die kon­teks waar­in dit ge­beur het en om nie die voor­val te sen­sa­si­o­na­li­seer nie.

“Dit kan net ’n ne­ga­tie­we uit­wer­king op die leer­lin­ge so­wel as die on­der­wys in die al­ge­meen hê,” sê hy.

Ven­ter self wou nie kom­men­taar le­wer nie.

Foto: FA­CE­BOOK

Cla­ris­sa Ven­ter

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.