Sê­goed by die Baf­tas:

Die Burger - - 8 - Die re­gis­seur S­pi­ke Lee het

O­li­via Col­man, met die ont­vangs van haar Baf­ta as bes­te ak­tri­se in The Fa­vou­ri­te. “So­ver dit my aan­gaan moes ons al drie se na­me hier­op ge­wees het, ons is al drie die hoof­rol, en dit is vreemd dat ons dit nie kan doen nie. Hier­die (prys) is vir ons al drie. Dit het my naam op, maar ons kan nog an­der na­me daar­op gra­veer.”

Die Mex­i­kaan­se re­gis­seur van Ro­ma, Al­fon­so Cu­arón. “Bui­te­lands is net ’n an­der k­leur en kleu­re kom­ple­men­teer me­kaar. Ek is ge­luk­kig dat Baf­ta ’n sto­rie oor ’n huis­wer­ker van ’n in­heem­se kul­tuur vereer. Die spe­si­fie­ke k­leur van die rol­prent is Mex­i­ko, so ek wil ook vir Mex­i­ko be­dank.”

Ra­mi Ma­lek het in sy toe­spraak met die ont­vangs vir die Baf­ta as bes­te ak­teur in Bo­he­mi­an R­hap­so­dy ge­sê: “Jul­le B­rit­te doen musiek goed, jul­le mu­si­ka­le er­fe­nis is hei­lig. Dan­kie aan die groot­ste een van al­mal, F­red­die Mer­cu­ry.” uit­ge­la­te ge­skreeu “Brook­lyn is in die huis!” toe hy sy prys vir ver­werk­te draai­boek vir sy fliek Bla­cKkKlans­man gaan haal het.

Jo­an­na Lum­ley, die aan­bie­der van die aand, se grap­pies is nie goed ont­vang nie. Dit het ’n storm op Twit­ter ont­ke­ten en men­se het ver­soek dat sy tog nie weer ge­vra moet word nie. Van die laag­te­pun­te was haar stel­ling oor S­pi­ke Lee se rol­prent Bla­cKkKlans­man dat sy “ver­baas is dat dit nie so goed op die ‘Klan­rol­prent­fees’ ge­vaar het nie” – met ver­wy­sing na Can­nes, die toon­aan­ge­wen­de rol­prent­fees. Die ge­hoor het nie ’n ge­luid ge­maak nie waar­op die ak­tri­se oor haar mis­luk­te grap­pie ge­sê het: “Ag nou ja”.

Daar­na het sy ook die draak ge­steek met die Os­cars wat nie ’n aan­bie­der het nie nadat die ak­teur Ke­vin Hart hom ont­trek het weens sy om­stre­de twiets. Sy het ge­sê: “Dan­kie tog dat die Baf­tas ’n aan­bie­der het, tog dink ek dit is net om­dat ek nie op Twit­ter is nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.