Po­li­sie laat mans vry oor ‘te min be­wy­se’

Die Burger - - 9 - May­ge­ne de Wee

’n Eg­paar van Plat­te­kloof, Kaap­stad, is die jo­sie in vir die po­li­sie nadat hul­le oor die na­week twee mans wat ver­moe­de­lik by hul huis in­ge­breek het son­der e­ni­ge on­der­soek vry­ge­laat het.

Johan K­leyn, ’n af­ge­tre­de bri­ga­dier in die po­li­sie, en sy vrou, Ri­a­na, was die na­week van 1 Februarie in St. He­le­na­baai aan die Wes­kus.

Die Vry­dag­aand het ’n man wat ’n ou­e­ri­ge Cor­sa-bak­kie be­stuur by hul huis in­ge­breek.

Die in­braak was tus­sen 21:00 en 21:30. Die man is deur die bu­re se kring­te­le­vi­sie­ka­me­ras af­ge­neem waar hy met onder meer te­le­vi­sie­stel­le en an­der ar­ti­kels by die K­leyn-eg­paar se huis uit­loop en bui­te hul hek op sy weg­kom­voer­tuig, die Cor­sa­bak­kie, wag.

’n Bie­tjie meer as ses uur nadat die man die eer­ste keer by die K­leyn-eg­paar se huis in­ge­breek het, keer hy vroeg­dag op Sa­ter­dag 2 Februarie te­rug en sit sy stroop­tog voort.

Hy word weer op die bu­re se kring­te­le­vi­sie­ka­me­ras af­ge­neem.

In die twee in­bra­ke is meer as R300 000 se goe­de­re ge­steel.

Bu­re van K­leyn het hom op Vry­dag 8 Februarie ge­kon­tak nadat hul­le ’n bak­kie en ’n man wat aan die be­skry­wing van die in­bre­ker op die vi­deo’s vol­doen in hul buurt ge­waar het.

K­leyn en sy seun Ri­han het in hul bak­kies ge­klim en na Keur­boom­straat, Plat­te­kloof, ge­ry waar die bak­kie ge­sien is.

“Daar was nie­mand in die bak­kie nie en ons het daar na­by stel­ling in­ge­neem.

“Twee mans het am­per ’n uur nadat ons na­by die Cor­sa-bak­kie gaan staan het, na die voer­tuig ge­loop. Ek het na­der ge­ry, langs die bak­kie ge­par­keer en die be­stuur­der ge­vra of ons gou oor iets kan praat. Hy het met ’n stink spoed daar weg­ge­trek.

“Ek moes ’n U-draai maak, maar my seun het on­mid­del­lik ag­ter die bak­kie aan­ge­ry.”

Hul­le het die Cor­sa-bak­kie ná ’n kort jaag­tog vas­ge­keer.

“Ons het hul­le ge­vra wat hul­le in ons buurt ge­soek het, maar hul­le kon ons nie ant­woord nie.”

K­leyn sê hoe­wel die man wat die vo­ri­ge na­week by hul huis in­ge­breek het se ge­sig nie dui­de­lik op die vi­deo’s is nie, stem sy lig­gaams­bou oor­een met dié van die man wat hul­le aan­ge­keer het, sy baad­jie is dieselfde soort en die Cor­sa-bak­kie het dieselfde ver­gro­te uit­laat­pyp.

“Ons het die plaaslike buurt­wag en die po­li­sie ge­kon­tak. Die buurt­wag was baie be­hulp­saam. ’n Po­li­sie­man van die Botha­sig-po­li­sie wou eg­ter nie eens na ons ver­dui­de­li­king luis­ter en hoe­kom ons die mans aan­ge­keer het nie. Hy het ge­sê om­dat ons in Plat­te­kloof woon en die in­braak by die Pa­row-po­li­sie­kan­toor aan­ge­meld is, gaan die mans soon­toe ge­neem word.”

By die Pa­row-po­li­sie­kan­toor het ’n ser­sant en ’n po­li­sie­kap­tein wat aan diens was vol­gens K­leyn nie eens ge­kyk na die vi­deo’s wat aan hul­le ge­gee is nie.

Die vrou­e­kap­tein het die twee mans on­mid­del­lik vry­ge­laat en vir sy seun ge­sê daar is “nie ge­noeg­sa­me be­wy­se” nie.

“Ek het haar self te­le­fo­nies ge­kon­tak en ge­vra om die mans se vin­ger­af­druk­ke te neem so­dat dit ver­ge­lyk kan word met vin­ger­af­druk­ke wat by my huis ge­kry is.

“Ek weet nie eens of dit ge­doen is nie,” het K­leyn ge­sê.

Na­vrae oor die voor­val is na die po­li­sie ge­stuur.

Teen druk­tyd gis­ter­aand het Die Bur­ger geen kom­men­taar ont­vang nie.

Dié mans is vol­gens Johan K­leyn en sy seun Ri­han heel waar­skyn­lik die inbrekers wat sy huis van R300 000 se goe­de­re ge­stroop het. Die po­li­sie het hul­le vry­ge­laat nadat K­leyn hul­le aan­ge­keer het.

Die in­bre­ker dra een van die te­le­vi­sie­stel­le wat ge­steel is na bui­te.

Die Cor­sa-bak­kie waar­mee die in­bre­ker die ge­steel­de goe­de­re weg­ge­ry het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.