ANC-wyks­raads­lid van Hes­se­qua oor­le­de

Die Burger - - 9 - Jackie Kru­ger T­hom P­re­to­ri­us

Hul­de­bly­ke stroom in vir T­hom P­re­to­ri­us, ’n wyks­raads­lid van die Hes­se­qua-mu­ni­si­pa­li­teit en be­heer­lig­gaam­voor­sit­ter van die Se­ni­or Se­kon­dê­re Skool Kai­ros in Hei­del­berg, wat s­kie­lik aan ’n hart­aan­val dood is.

P­re­to­ri­us (51) was Son­dag om­streeks 22:30 by ’n vul­sta­sie in Hei­del­berg toe hy blyk­baar ’n hart­aan­val ge­had het. Na ver­neem word, is pa­ra­me­di­ci ont­bied en daar is met hom na die Ri­vers­dal-hos­pi­taal ge­jaag, maar hy is op pad daar­heen dood.

P­re­to­ri­us was die ANC-raads­lid vir wyk 4, wat Slang­ri­vier in­sluit. Hy was ook se­we jaar lank die be­heer­lig­gaam­voor­sit­ter van die Se­ni­or Se­kon­dê­re Skool Kai­ros. Hy het onder meer saam met die hoof, Vi­vi­an Prins, on­ver­moeid ge­werk so­dat die skool ’n saal kon kry. Die saal is in Februarie 2018 in­ge­wy.

P­re­to­ri­us is be­stem­pel as ’n ge­meen­skaps­lei­er en ’n groot­se mens en sy heen­gaan is vol­gens ge­meen­skaps­le­de ’n reu­se­ver­lies vir die dorp.

Hul­de­bly­ke vir P­re­to­ri­us het op Fa­ce­book in­ge­stroom.

Ca­me­ron Dug­mo­re, ANC-LUR, skryf: “Rus in vre­de, ka­me­raad T­hom.”

Lui­dens ’n ver­kla­ring van die Mer­vyn Jo­seph-ANC-tak op Fa­ce­book het P­re­to­ri­us ’n warm hart ge­had, ve­ral vir die jeug en die kwes­ba­res. Hy het on­ver­poos ge­veg teen werk­loos­heid en on­ge­lyk­heid. Hy was ’n voor­sit­ter van C­hild Wel­fa­re in Hei­del­berg en het ’n groot rol ge­speel om die or­ga­ni­sa­sie te trans­for­meer.

P­re­to­ri­us word deur sy vrou, Le­o­nie, vier dog­ters, twee seuns en’ n klein­kind oor­leef. Die be­graf­nis re­ë­lings volg la­ter.

Foto: VERSKAF

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.