Lied­jie­skry­wer kon nie be­tyds uit gi­ro­kop­ter se pad kom

Die Burger - - 9 - Han­ti Ot­to

Ter­ry Demp­sey het Son­dag-og­gend saam met fa­mi­lie­le­de op ’n pier by die Vaal­dam ge­staan, nie as lied­jie­skry­wer en mu­siek­ver­vaar­di­ger nie, maar as skoon­seun van die man wie se as hul­le sou strooi.

Hy was daar saam met sy vrou, Car­rie, en sy kin­ders en klein­kin­ders vir die laas­te eer­be­toon aan ou­pa Max, ­Car­rie se pa, wie se as uit ’n gi­ro­kop­ter in die Vaal­dam ge­strooi sou word.

Toe ver­don­ker die hart­seer­dag ver­der: Demp­sey (77) het ge­sterf toe die lem van die gi­ro­kop­ter hom tref.

Demp­sey het die af­ge­lo­pe 50 jaar diep spo­re in die mu­sieken kuns­be­dryf ge­trap met tref­fers soos “Dayd­re­a­mer”, wat ge­skryf is vir die san­ger Da­vid Cas­sidy, en “Lo­ve is a Beau­ti­ful Song”, wat des­tyds ’n nr. 1-tref­fer in Suid-A­fri­ka, Ka­na­da en Aus­tra­lië vir Da­ve Mills was.

Gis­ter was hy vir sy ge­lief­des eg­ter net die ou­pa, pa en eg­ge­noot wat oor min­der as ’n maand sou ver­jaar.

’n “Kos­ba­re man”, het sy dogter, An­ge­la, hom ge­noem.

Sy seun, Paul, se stem was gis­ter nog rou van die trauma en ont­stel­te­nis.

An­ge­la, wat van Aus­tra­lië ge­kom het vir die se­re­mo­nie, het op Fa­ce­book ge­sê dit was die eer­ste keer in twee jaar wat sy weer haar fa­mi­lie in SuidA­fri­ka sou sien.

Oog­ge­tui­es ver­tel dat die fa­mi­lie­le­de op die pier by die Sunset S­ho­re-oord by die Vaal Ma­ri­na ge­staan het in ’n ge­wy­de oom­blik, wag­ten­de vir Car­rie se pa se as wat in die dam ge­strooi sou word.

“Dit het ge­lyk of die gi­ro­kop­ter krag ver­loor. Die vlie­ë­nier het na die gras langs die dam ge­mik om ’n nood­lan­ding te doen.

“Al­mal het uit die pad ge­koes, maar on­ge­luk­kig kon die ou oom (Demp­sey) nie gou ge­noeg uit die pad kom nie, toe tref die skroef hom,” ver­tel ’n oog­ge­tuie. “Dit was ’n sleg­te on­ge­luk.”

Demp­sey het ver­skeie be­ken­de te­ma­lied­jies vir onder meer TopS­port, die Com­ra­des-ul­tra­ma­ra­thon, D­ri­ve Ti­me en Wings o­ver A­fri­ca ge­skryf en ver­vaar­dig.

Foto: FA­CE­BOOK

Ter­ry Demp­sey

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.