Ge­meen­skap praat in par­le­ment oor ge­weld

Die Burger - - 9 - Jen­na Et­he­rid­ge, News24

In­wo­ners van Kaap­stad se ben­de­ge­teis­ter­de ge­bie­de kry van­dag in die par­le­ment die ge­leent­heid om hul er­va­rings met par­le­ments­le­de te deel wan­neer hul­le voor die por­te­feul­je­ko­mi­tee oor po­li­sie ge­tuig.

Dié ko­mi­tee on­der­soek hoe doel­tref­fend die po­li­sie se s­tra­te­gie is om ben­des teen te werk.

Die on­der­soek volg teen die ag­ter­grond van meer as 185 men­se wat se­dert Maart ver­le­de jaar in ben­de­ver­wan­te ge­weld op die Kaap­se Vlak­te ver­moor is.

Fran­cois Beuk­man, voor­sit­ter van die ko­mi­tee, sê hul­le sien uit daar­na om na die by­dra­es en in­set­te te luis­ter van men­se uit die Wes-Kaap, OosKaap, Vry­staat en Gau­teng wat ge­nooi is om oor hul er­va­rings en kom­mer oor wets­toe­pas­sing te kom ge­tuig.

“Die aan­tal jong kin­ders wat in die kruis­vuur van ben­de­ge­veg­te sterf, is to­taal on­aan­vaar­baar. Daar­om moet al die be­lang­heb­ben­des – van ou­ers, sko­le, on­der­ne­mings en gods­diens­ti­ge groe­pe tot die ver­skil­len­de re­ge­rings­vlak­ke – saam­werk om die pro­bleem by sy wor­tels te pak.”

Die in­set­te van ge­meen­skaps­le­de, ge­meen­skaps­lei­ers, vak­bon­de en gods­diens­ti­ge lei­ers is vol­gens die ko­mi­tee nood­saak­lik in die po­ging om ben­de­ver­wan­te mis­daad te stuit.

Beuk­man sê ook daar heers groot kom­mer oor die klomp on­ge­li­sen­si­eer­de vuur­wa­pens wat vry­e­lik beskikbaar is in dié ge­bie­de. Dit verg voort­du­ren­de in­gry­ping deur die o­wer­heid.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.