My Da­mas­kus­oom­blik onder die ta­fel­ge­bed

Die Burger - - 10 - Van Al­le Kan­te I­vor Price

Die man se ge­rim­pel­de han­de het my al kort voor die ta­fel­ge­bed op­ge­val. El­ke rim­pel was deel van ’n pad­kaart; ’n her­in­ne­ring aan sy ein­de­lo­se dae in die on­ge­naak­ba­re son.

Sy han­de was, as ’n boer, die laas­te paai­e­ment van sy le­wens­lan­ge liefde vir die grond.

Onder die ta­fel­ge­bed kon ek nie help om on­ge­merk, met die een oog, weer na sy han­de te staar nie. Dit was by­na vol­maak in dié van sy vrou s’n ge­vou; so a­sof hul­le han­de in ’n an­der tyd reeds be­stem was om een­dag me­kaar te vind.

Hul kin­ders, twee op­ge­sko­te mei­sie­kin­ders, se han­de was by­na kon­tras­te­rend on­ver­be­ter­lik – ’n in­di­ka­sie dat hul­le nog nie ’n dag in hul­le le­we ge­werk het nie.

Ons, as ’n ge­sin, het self nooit han­de vas­ge­hou ty­dens die ta­fel­ge­bed nie, hoe­wel dit ’n ge­bruik is wat my nog al­tyd met oot­moed ge­vul het.

Soos die mees­te men­se, se­ker maar, was dit vir my ’n blo­te for­ma­li­teit wat gewoonlik af­ge­ram­mel is so­dat die ete en ge­sprek kon be­gin. Trou­ens, my pa moes my ma­le son­der tal op die vin­gers tik wan­neer ek be­gin eet het voor­dat die se­ën ge­vra is.

Maar iets aan dié man se han­de was an­ders… Hy’t sy hoed af­ge­haal, dit op die e­tens­ta­fel neer­ge­sit en sy dog­ters na­der ge­roep. Toe het hul­le han­de vas­ge­hou, ook my­ne, waar­na hy ’n een­vou­di­ge ge­bed ge­sê het waar­mee ek self groot­ge­word het: “Se­ën die voed­sel en die han­de wat dit voor­be­rei het.

Wees ook met dié wat min­der het as ons.”

A­sof vir die eer­ste keer, het ek die woor­de ge­hoor. Die ta­fel­ge­bed s­kie­lik nie meer bloot ’n vlug­ti­ge, skul­di­ge ge­dag­te voor­dat daar weg­ge­val word aan ’n oor­laai­de ta­fel nie, maar eens­klaps ook ’n her­in­ne­ring aan hoe be­voor­reg ons werk­lik is.

Selfs meer ont­nug­te­rend is dat ek nooit van­te­vo­re ge­dink het nie aan die lang lys men­se wat as deel van ’n land­bou-waar­de­ket­ting die ein­ste kos voor­be­rei het wat uit­ein­de­lik op ons bor­de be­land het.

Tot dié dag, op ’n plaas in die dor­re Ka­roo, was “die han­de wat dit voor­be­rei het” maar nog al­tyd nét my ma, of die een wat vir ’n spe­si­fie­ke maal­tyd ver­ant­woor­de­lik was.

Ek het voor­heen nie eens ge­dink aan al die boe­re wat hul geld in die grond ge­plant het, saam met al die land­bou­wer­kers na die grond­ge­sond­heid en ge­was­se om­ge­sien en ein­de­lik ook die mark­te en ’n voor­sie­nings­ket­ting tot op my ta­fel ge­vind het nie.

Tot op hier­die spe­si­fie­ke oom­blik het ek nooit die god­de­li­ke hand her­ken (en be­slis ook nie er­ken) in die han­de wat dit ge­saai het, die han­de wat die lan­de be­werk het, as­ook die han­de wat die oes in­ge­sa­mel het nie.

Dit was nog ’n Da­mas­kus-oom­blik in my reis deur el­ke uit­hoek van die land; ’n le­wens­les in er­kent­lik­heid wat tot ’n kop­skuif oor land­bou ge­lei het.

‘‘ A­sof vir die eer­ste keer, het ek die woor­de ge­hoor. Die ta­fel­ge­bed was s­kie­lik nie meer bloot ’n vlug­ti­ge, skul­di­ge ge­dag­te voor­dat daar weg­ge­val word nie . . .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.