DA neig om al­mal te­vre­de te wil stel

Die Burger - - 10 -

And­re­as van Wyk, Lan­ge­baan

Ek ver­wys na Gert van der Mer­we van So­mer­set-Wes se brief waar­in hy dit stel dat die DA in die jong­ste tyd wel ’n paar fou­te ge­maak het.

In die pro­ses het hy (die DA) ook van ’n paar per­soon­lik­he­de en stand­pun­te ontslae ge­raak wat van hom ’n selfs nog swak­ker keuse maak as wat hy in die ver­le­de was.

Waar­na ons as kie­sers land­wyd en pro­vin­si­aal, ook in die Wes-Kaap, moet streef, is om die ANC en die EFF se ge­sa­ment­li­ke stem­per­sen­ta­sie onder 50 te bring. Dan kan, in­dien no­dig, ko­a­li­sies van par­tye met ver­klaar­de en spe­si­fie­ke stand­pun­te ge­vorm word.

Die so­ge­naam­de klei­ner par­tye ver­teen­woor­dig tal­le stand­pun­te wat ewe min deur die DA as die ANC in­ge­neem word, om­dat hul­le nie die mo­re­le moed het nie.

Die DA neig al hoe meer na die ANC om iets vir al­mal en uit­ein­de­lik niks vir nie­mand te wees. Dit is wat in Gert van der Mer­we se woor­de van die DA ’n “vuil­wa­ter”-par­ty maak. As vuil wa­ter nie be­tyds uit­ge­gooi of ge­sui­wer word nie, word dit vrot.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.