Prof. Vol­mink, ek’t er­vaar wat u sê

Die Burger - - 10 -

Ma­thil­da Lou­isa, Brac­ken­fell

Ek stem 200% saam met prof. Jim­my Vol­mink oor al­ge­me­ne prak­ti­syns en spe­si­a­lis­te.

Ek was on­langs ’n pa­si­ënt van ’n hart­spe­si­a­lis. Ek het s­kie­lik ’n hart­pro­bleem ont­wik­kel. Ek was vyf dae in ’n pri­va­te hos­pi­taal se ho­ës­org­af­de­ling.

Die hart­spe­si­a­lis wat oor my moes waak, was van be­gin tot ein­de vaag. Hy het nooit met my ge­praat nie. Ek weet nou nog nie reg­tig wat met my ge­beur het nie. Ek het el­ke moont­li­ke toets on­der­gaan om vas te stel wat ek makeer, en tot op hier­die dag en da­tum weet ek nog niks nie.

Ek is ont­slaan son­der dat hy my in­ge­lig het oor ver­de­re stap­pe, wat om te doen en nie te doen nie.

Ek het el­ke dag 12 pil­le ge­kry om te drink. Dit het ek ge­trou ge­doen. Een van die blik­sems het my eg­ter ’n al­ler­gie ge­gee en my he­le lyf, van kop tot to­ne, het uit­ge­slaan in die ver­skrik­lik­ste van ver­skrik­li­ke uit­slae. Ek dink die me­laat­ses waar­van daar in die By­bel ge­praat word, het soos ek ge­lyk.

Ek het hom ge­kon­tak. Ek het foto’s ge­stuur van hoe ek lyk. Ek het aan­ge­dring op ’n af­spraak met hom om­dat hy geen­sins e­ni­ge sim­pa­tie met my ge­had het en pro­beer het om my te help nie.

Hy het voor­ge­stel dat ek ’n der­ma­to­loog spreek! Toe ek aan hom sê die pro­bleem is nie my vel nie, maar dat ek ver­gif­tig is weens verkeerde me­di­ka­sie, sê hy: “Ek ken har­te. Ek ken nie die vel nie.”

Daar het u dit! Prof. Vol­mink, u is so reg! Géén me­de­mens­lik­heid hier nie!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.