Hier­die strand kort be­slis aan­dag

Die Burger - - 10 -

Lie­ben van der Mer­we, Strand

Ek wil graag Johan van Wyk (By; 9.2; bl. 8) se erns oor die toe­stand van die eens pragtige wit sand­strand van die Strand on­der­steun.

Dit was 55 jaar lank ons jaar­lik­se vakansieplek, en die af­ge­lo­pe 6 jaar woon ons hier. Ek kry skaam oor die manier waar­op die mu­ni­si­pa­li­teit die gan­se wat in De­sem­ber en Ja­nu­a­rie hul goue eiers hier kom lê, ver­wel­kom met klip­pe wat só dik op die strand lê dat jy nie son­der skoe­ne daar kan loop nie, as­ook met swak vak­man­skap van die pla­vei­sel.

Het nie­mand dan in­spek­sie ge­doen nie? In­dien wel, het dit nie die raads­lid of amp­te­naar ge­raak nie. Dit is nou al Februarie en dit lyk nie of e­ni­ge aan­dag op pad is nie.

Met die bou van die muur wat ons toe­gang tot ’n pragtige pro­me­na­de bied, het baie klip­pe los­ge­kom wat nou oor die he­le strand ver­sprei lê.

Kan ons nie die tal­le men­se wat son­der werk sit, kry om die klip­pe op ho­pe te gooi, reg vir die ma­sjie­ne om dit op te laai en weg te ry nie?

Ek hoop ie­mand gee aan­dag aan dié saak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.