Min­stens loop ri­ool nie in die stra­te

Die Burger - - 10 -

An­na, S­tel­len­bosch

“Al manier waar­op die ANC die Grond­wet kan wy­sig soos hy wil, is om in van­jaar se ver­kie­sing aan­sien­lik be­ter te doen as sy hui­di­ge po­si­sie,” al­dus Jan-Jan Jou­bert. En dan kom som­mi­ge kie­sers en pleit dat ons vir die ANC moet stem om so­doen­de pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa se hand te sterk?

’n Par­le­ments­lid van die DA het on­langs op TV die si­tu­a­sie só op­ge­som: Hanteer die ver­kie­sing soos veel­vul­di­ge keu­se­vrae in die ek­sa­men. Ge­stel jy moet kies tus­sen 5 par­tye, op­sies A tot E. Geen­een van die par­tye is 100% wat jy ver­kies nie, en jy sou eer­der F ver­kies. Kies dan maar die par­ty waar­by jy die mees­te aan­klank vind.

Soos Boy Louw ge­sê het: “Looks at the sco­re bo­ard!” Ten min­ste loop die ri­ool­vuil nie in ons stra­te nie en het ons nog or­dent­li­ke paaie om op te ry. Ek gaan be­slis vir die DA stem, al moet ek selfs my neus so ’n bie­tjie toe­druk!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.