Só be­vor­der jy nie klein­sa­ke in SA

Die Burger - - 10 -

C. Mou­ton, Dur­ban­vil­le

Ek kan aan­sluit by W. Bas­son van Her­ma­nus. Ek is ’n klein een­man­saak en be­taal ge­trou my be­las­ting. Ek moes ver­le­de jaar so­wat R10 000 te­rug­kry. Pleks daar­van, het die SAID al my wet­ti­ge be­dryfs­uit­ga­wes te­rug­ge­tel en nou skuld ek hul­le vol­gens my bru­to-om­set.

Ek moet nou be­swaar aan­te­ken en die SAID het 60 werks­dae om te re­a­geer. In­tus­sen het hy ren­te en boe­tes by­ge­tel en dreig my met fi­na­le aan­ma­nings.

Vol­gens ver­skeie boek­hou­ers met wie ek ge­praat het, doen die SAID dit tans met pro­fes­si­o­ne­le men­se, soos dok­ters en pro­ku­reurs. In­tus­sen kom si­ga­ret­smok­ke­laars met mil­joe­ne weg.

Skep die re­ge­ring werk­lik ’n om­ge­wing wat klein­sa­ke on­der­steun en laat flo­reer?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.