G’n spe­le­tjie as ’n ou­er die dag ge­bo­re word

Die Burger - - 11 - Ter­loops An­ne­ma­rie van der Walt

Die dog­ters is nog nie so oud dat ek al kon vergeet van da­we­ren­de deu­re in be­wen­de ko­sy­ne nie, en ’n sin wat ont­spring ie­wers tus­sen moe­de­loos­heid en op­stan­dig­heid: “Ek het nie ge­vrá om ge­bo­re te word nie!”

Kyk, as daar nou ’n en­ke­le sê­ding is wat my woe­de­me­ter on­mid­del­lik tot in die rooi kan druk, is dit dié een... al het ek dit self as tie­ner teen­oor my ma kwyt­ge­raak.

Dit het haar net so blit­sig kwaad ge­maak, en soos sy, sou ek ja­re la­ter na daar­die strooi­halm gryp waar­mee me­ni­ge ou­er hul kin­ders dreig: “Wag maar tot­dat jy jou eie kin­ders het.”

Ge­luk­kig be­daar al­mal met ver­loop van tyd, maar ek gaan liefs nie die dog­ters se aan­dag ves­tig op Rap­ha­el Sa­mu­el (27) van Mum­bai, In­dië, se veld­tog nie. Rap­ha­el wil naam­lik sy ou­ers voor die hof daag om­dat hy meen hul­le moes sy toe­stem­ming ge­vra het om ge­bo­re te word.

Die dog­ters soek hoe­ka al­bei ver­be­te na reis­geld, en net­nou maak ek slapende hon­de wak­ker.

Vergeet nou maar eers van die in­ge­wik­kel­de teg­nie­se punt van hoe op dees aar­de ’n mens jou toe­koms­ti­ge kind om toe­stem­ming moet vra ter­wyl dié nog net ’n glin­ste­ring in die oog is, en slaan eer­der die han­de saam oor Rap­ha­el se me­ning dat ou­ers kin­ders kry bloot om hul­le te ver­maak.

On­mid­del­lik kom hon­derd of meer ak­ti­wi­tei­te by my op wat ek ver­maak­li­ker vind as kin­ders groot­maak: om borrie uit ’n wit broek te was, by­voor­beeld, k­link ab­so­luut fan­tas­ties.

Rap­ha­el ver­klaar ook “jou ou­ers het jou ge­kry pleks van ’n hond of speel­ding”. Nou ja, gewoonlik is hon­de ge­hoor­saam, hul­le skaai nie jou e­nig­ste uit­gaantop­pie nie en kan nie te­rug­praat of on­ge­mak­li­ke vrae stel nie.

Hoe­ka het my jong­ste my on­langs onder vier oë ge­had: “Gaan Ma ou­kei wees as Ma nooit ’n ou­ma word nie?” Ek het sum­mier vir ons elkeen ’n glas wyn ge­skink, baie tyd­saam ys­blok­kies los­ge­wik­kel, som­mer ook die koel­kas se groen­te­laai skoon­ge­maak en die spe­se­rye in die spens in al­fa­be­tie­se volg­or­de ge­pak ter­wyl ek die om­vang van die vraag pro­beer peil.

My hui­we­ri­ge “Daar ís gans te veel men­se op aar­de” is met ’n ver­be­te stil­te be­groet; mak­lik gaan sy dit nie vir my maak nie.

Ek het na die manier ge­kyk waar­op haar mond­hoe­ke plooi, na die moe­sie in haar nek, hoe sy haar vin­gers deur haar hare trek en in al daar­die ge­ba­re was ook die ba­ba, die kleu­ter, die lang­been­mei­sie­kind wat soos haar ou­er sus­ter my leer­mees­ters was.

Hoe an­ders sou ek leer hoe vol­slae weer­loos ’n mens kan wees, hoe uit­ge­le­wer en broos die hart? Op wat­ter an­der manier as deur die kin­ders sou ek weet hoe groot ge­na­de is, dat spyt en ver­lan­ge diep­nag ’n on­ge­naak­ba­re dans­paar is, be­kom­mer­nis ys­koud deur are kan vloei en hoe klok­hel­der lief­lik­heid soms kan lag?

Dis geen spe­le­tjie nie, die dag wan­neer ’n ou­er ge­bo­re word.

‘‘ Op wat­ter an­der manier as deur die kin­ders sou ek weet hoe groot ge­na­de is, hoe lief­lik­heid soms kan lag?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.