Vrys­we­wen­de pad­das soek nog na ’n pro­bleem

Die Burger - - 11 - Rand­ver­skyn­sels Tom D­rey­er ■ D­rey­er is ’n be­kroon­de skry­wer.

Met sy B­rit­se en Ne­der­land­se rid­der­skap­pe, sy in­tie­me ver­troud­heid met kool­stof­a­to­me so­wel as die Van der Waals­krag­te wat gei­tjies on­der­ste­bo aan pla­fon­ne laat kleef, is sir And­re Geim ’n ont­ra­fe­l­aar van die na­tuur se ge­hei­me. Sy pres­ta­sies is on­gee­we­naard in die ge­skie­de­nis.

Hier­die fi­si­kus aan die U­ni­ver­si­teit van Man­ches­ter is die e­nig­ste we­ten­skap­li­ke nóg wat so­wel ’n No­bel-prys as ’n Ig No­bel-prys ont­vang het. Ons ken al­mal die No­bel-prys. Die Ig No­bel-prys, daar­en­teen, word jaar­liks deur die web­werf The Jour­nal of Un­li­ke­ly S­cien­ce toe­ge­ken aan die ei­en­aar­dig­ste of (op die oog af) mees beu­sel­ag­ti­ge na­vor­sing van die voor­af­gaan­de jaar, die soort werk wat ’n mens – in hul woor­de – “eers laat lag en dan laat dink”.

Geim se No­bel-prys vir fi­si­ka was vir sy me­de-ont­dek­king van grafeen, die dun­ste materiaal ter wê­reld, ’n wis­sel­vorm van kool­stof, só skraal ’n en­ke­le gram daar­van sal ’n a­rea van by­na ’n hek­taar be­dek.

Hy het sy Ig No­bel-prys ont­vang vir baan­bre­kers­werk op die ge­bied van die le­vi­ta­sie van pad­das in mag­neet­vel­de. Op my re­ke­naar­skerm tol ’n pad­da dood­lui­ters ’n paar sen­ti­me­ter bo sy ap­pa­raat. Dit her­in­ner aan ’n Poké­mon, ver­he­we bo klei­nig­he­de soos gra­vi­ta­sie.

Die vi­de­o­greep her­in­ner my ook aan die on­deur­gron­de­lik­heid van mens­li­ke mo­ti­ve­rings, want wat­ter on­peil­ba­re drif­te het dié man ge­mo­ti­veer om sy vrye tyd in die ge­sel­skap van am­fi­bieë en mag­ne­te deur te bring?

Grafeen is een van die wê­reld se bes­te smeer­mid­dels en het ook toe­pas­sings in e­lek­tro­ni­ka, soos in die ver­vaar­di­ging van buig­ba­re re­ke­naar­skerms. Vrys­we­wen­de pad­das is tans nog ’n op­los­sing op soek na ’n pro­bleem.

Maar ter­wyl hier­die klein kwa­ker op my skerm dryf, sien ek tog in my gees­tes­oog hoe mag­ne­tie­se sweef­trei­ne wry­wing­loos oor die wei­lan­de van C­hi­na gly, en Ja­pan. Ook S­wit­ser­land. Of nee wag, as ek my nie mis­gis nie, het hier­die land se mag­ne­tie­se-sweef­trein-pro­jek nooit reg­tig van die grond af ge­kom nie. My re­ke­naar­skerm ver­vaag wan­neer ’n S­wit­ser­se beeld my te bin­ne skiet, en ek er­vaar die heer­li­ke be­ko­ring waar­mee uit­een­lo­pen­de dinge soms by­me­kaar kan kom.

Ek sien nog­maals die kom­par­te­ment van die trein na Mon­treux. Dis nie ’n mag­ne­tie­se sweef­trein of eens ’n snel­trein nie. Dis een van daar­die ram­mel­kas-streek­trei­ne wat deur die plat­te­land knars en by selfs die klein­ste dor­pie aan­doen, waar ou ooms ou tan­nies af­help tot op die per­ron, waar kerk­to­rings in die ver­te wag­staan, waar die sam­bre­le van weg­lo­pen­des soos vy­gies oop­vou. Ek ruik weer kuns­leer en her­roep glim­men­de ven­ster­ra­me en vis­tas van val­leie, me­re en sneeu­be­dek­te pie­ke.

Dan raak ek be­wus van iets an­ders, iets wat eers vaag en on­peil­baar is, maar al hoe meer in fo­kus kom, tot­dat ek be­sef dis ’n ko­ki­s­ket­sie van ’n pad­da­tjie op die ruit. Wie het dit daar ge­te­ken, won­der ek, die sket­sie wat jou eers laat lag en dan laat kop­krap. En waar­om?

Die ge­hei­me van die trein na Mon­treux is se­ker so on­op­los­baar soos die hart se spo­re, maar ek won­der tog of daar­die kuns­te­naar soms te­rug­dink aan sy of haar han­de­werk, daar­die piep­klein pad­da­tjie, by­na so dun soos grafeen, wat dag ná dag vry­sweef bo die Al­pe.

‘‘ Die be­ko­ring waar­mee uit­een­lo­pen­de dinge soms by­me­kaar­kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.