Sur­vé moet voor kom­mis­sie ge­tuig, eis DA van M­pa­ti

Die Burger - - 13 - – El­vi­ra Wood

I­q­bal Sur­vé moet voor die M­pa­ti­kom­mis­sie van on­der­soek na ge­beu­re by die O­pen­ba­re Be­leg­gings­kor­po­ra­sie (OBK) ge­tuig.

Alf Lees, DA-LP, het gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê dié par­ty het reeds ’n brief aan reg­ter Lex M­pa­ti, wat aan die hoof van die kom­mis­sie staan, ge­stuur en ge­vra hy moet be­ves­tig dat Sur­vé wel ge­tui­e­nis voor die kom­mis­sie sal le­wer.

Sur­vé se fa­mi­lie het be­lan­ge in Ayo Techno­lo­gy So­lu­ti­ons, A­fri­can E­qui­ty Em­po­wer­ment In­ves­t­ments (AEEI) en In­de­pen­dent Me­dia.

Die OBK word skerp ge­kri­ti­seer oor sy be­sluit om R4,3 mil­jard in Ayo te be­lê kort voor sy no­te­ring in De­sem­ber 2017.

Die OBK het aan­de­le teen R43 elk bekom.

Ayo se aan­de­le het gis­ter­og­gend teen net R18,50 op die JSE ver­han­del.

Die OBK se groot­ste kli­ënt is die staats­dienspen­si­oen­fonds (GEPF).

Die her­rie rond­om hoe die OBK be­leg­gings be­stuur het, het in Ja­nu­a­rie tot die skor­sing van twee werk­ne­mers ge­lei.

Vic­tor Se­a­nie, as­sis­tent­por­te­feul­je­be­stuur­der van die OBK en Fi­de­lis Ma­da­vo, die OBK se hoof van ge­no­teer­de be­leg­gings, is spe­si­fiek vir hul be­trok­ken­heid by die Ayo-tran­sak­sie ge­skors.

Die he­le di­rek­sie van die OBK het kort hier­na be­dank nadat drie le­de van kor­rup­sie be­skul­dig is.

Die Sun­day Ti­mes het Son­dag be­rig dat Sur­vé dié geld as sy “spaar­var­kie” ge­bruik het.

Sur­vé het gis­ter in Bu­si­ness Re­port, wat deur In­de­pen­dent Me­dia be­sit word, te­rug­ge­kap en ge­sê die be­we­rings is on­waar.

Lees het in re­ak­sie op al dié ge­beu­re ge­sê dit is nou van groot be­lang dat Sur­vé self ge­tui­e­nis voor die M­pa­ti-kom­mis­sie moet le­wer.

“In­dien no­dig, moet hy ge­dag­vaar word om te ver­skyn,” sê Lees in die ver­kla­ring.

Die kom­mis­sie her­vat sy sit­tings op 25 Februarie in P­re­to­ria.

H

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.