Vyf be­stand­de­le no­dig vir suk­ses

Min van Po­te se span ver­wag

Die Burger - - 14 - Co­bus Claas­sen

’n Mens kan Bulle-on­der­steu­ners nie ver­kwa­lik dat hul­le maar bra koud voel oor die span se voor­uit­sig­te in van­jaar se Su­per­reeks nie.

Die vraag is te­reg: Hoe­kom sal Po­te Hu­man in 2019 veel meer uit­rig met min of meer dieselfde span as John Mit­chell ver­le­de sei­soen?

As Lood de Ja­ger en sy span eg­ter van­jaar weer wil hê die Bulle moet ’n fak­tor wees in Su­per­rug­by, sal die vol­gen­de moet ge­beur:

1. Die se­ni­or spe­lers moet lei­ding neem

Mit­chell het goed daar­in ge­slaag om die bes­te uit Spring­bok­ke soos Jes­se K­riel, Han­dré Pol­lard en De Ja­ger te kry.

Nie net moet die er­va­re man­ne hier­op voort­bou nie, maar die o­nus is ook op jong Bok­ke soos War­rick Ge­lant, Em­bro­se Pa­pier en RG Sny­man (la­ter in die kom­pe­ti­sie wan­neer hy weer fiks is) om dié sei­soen ’n gro­ter im­pak te maak.

Ge­lant was al in die Cur­rie­be­ker-kom­pe­ti­sie ’n groot aan­val­len­de troef­kaart vir sy span en hy moet dit nou ook in die Su­per­reeks na­doen.

2. Die agt­tal moet oor­heers

In die Bulle se goue ja­re in die reeks het al­les by ’n voor­hoe­de, wat op die voor­deel­lyn soos ’n blou golf oor die teen­stan­ders kon spoel, be­gin.

Is daar ’n Bak­kies Bo­tha en ’n Da­nie Rossouw wat van­jaar op die voor­grond gaan tree?

Vir die Bulle om weer wel­slae in die kom­pe­ti­sie te behaal, is dít ver­re­weg die groot­ste te­kort­ko­ming wat reg­ge­stel moet word.

Die span het die af­ge­lo­pe paar sei­soe­ne een van die bes­te lyn­sta­ne ge­had en dit is eer­der die skrums wat die groot fo­kus­punt is.

Daan Hu­man is na P­re­to­ria ge­lok om die skrums reg te ruk en Sa­ter­dag kom hul­le voor ’n groot toets te staan teen S­te­ven Kits­hoff, Bon­gi M­bo­nam­bi, Frans Mal­her­be en Wil­co Louw.

3. Be­sten­di­ge ver­to­nings is on­on­der­han­del­baar

Die Bulle het in 2018 ’n ster­be­laai­de Hur­ri­ca­nes-span op Lof­tus ver­ras, maar het la­ter in die kom­pe­ti­sie teen die Brum­bies vas­ge­val in P­re­to­ria.

Die Bulle het ook ver­le­de jaar teen die swak­ste span in die kom­pe­ti­sie, die Sun­wol­ves, vas­ge­val.

Daar word jaar ná jaar by Lof­tus ver­wys na krag­me­tings wat die span móés en kón wen.

As die Bulle in 2019 die uit­speel­ron­de wil haal, sal hul­le meer ge­reeld in sul­ke wed­stry­de die wa deur die drif moet kry.

4. Be­gin goed en toer goed Daar word in die Bulle-kamp klem ge­lê op die eer­ste vier wed­stry­de voor­dat die span in Maart sy eer­ste los­loot­jie het.

Die Bulle kon die af­ge­lo­pe drie sei­soe­ne in die eer­ste maand van Su­per­rug­by net vier uit 12 krag­me­tings wen. Met die span wat laat gaan toer, is dit van groot be­lang dat die Bulle vroeg self­ver­troue en mo­men­tum kry.

Daar sal voorts iets aan die Bulle se ver­ne­de­ren­de oor­se­se ver­to­nings­lys ge­doen moet word.

Se­dert die Bulle die Blu­es in Maart 2013 in Auck­land ge­klop het, was die span in net twee uit 24 ont­moe­tings in Aus­tra­la­sië en weg teen die Ja­gua­res en die Sun­wol­ves aan die wen­kant.

De Ja­ger-hul­le moet die siel­kun­di­ge strui­kel­blok oor­kom wan­neer hul­le in Mei en Ju­nie teen die Re­bels, Brum­bies, Blu­es en die High­lan­ders te staan kom.

Dit hoef nie mooi te wees nie, maar die Bulle móét oor­see wen.

5. Moe­nie deur ver­wag­tin­ge ver­lam word

Mit­chell het in sy tyd op Lof­tus dik­wels daar­op ge­wys dat hy daar­teen waak dat ver­wag­tin­ge sy spe­lers se ver­to­nings ne­ga­tief raak.

Hu­man het dieselfde uit­da­ging en dit is nie so eenvoudig om bloot te ver­kon­dig dat daar al­tyd druk sal wees nie.

Die leë be­ker­kas op Lof­tus en die waar­sku­wing uit die raad­saal dat van­jaar se ver­to­nings ’n groot im­pak op die vol­hou­baar­heid van die Blou Bulle Maat­skap­py (BBM) sal hê, lê swaar op die spe­lers se skou­ers.

Foto: GALLO IMAGES

Die Springbok-los­ska­kel Han­dré Pol­lard is op 24 een van die mees er­va­re spe­lers in die Bulle-span en sy peil kan die span se aan­slag maak of b­reek in 2019.

Foto: GALLO IMAGES

Po­te Hu­man, hoof­af­rig­ter van die Bulle.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.