Ed­die maak reg vir fi­sie­ke stryd

Die Burger - - 14 - Ed­die Jones – S­port­re­dak­sie

Die bes­te Wal­lis-span wag oor min­der as twee we­ke op Ed­die Jones en sy span in Car­diff, in ’n rug­by­wed­stryd wat gaan be­paal wie 2019 se Se­s­na­sies­kam­pi­oen is.

En­ge­land is vol self­ver­troue nadat hy ’n hul­pe­lo­se Frank­ryk Son­dag in Lon­den met 44-8 af­ge­slag het.

Wal­lis het Sa­ter­dag sy elf­de toets in ’n ry ge­wen, toe hy met I­ta­lië af­ge­re­ken het.

“Ons gaan teen die bes­te Wal­lis-span van al­le tye te staan kom. Dit is wat ons hoor en ons glo dit,” sê Jones, vol­gens die BBC.

“Ons gaan op ons ab­so­lu­te bes­te moet wees. Ons voor­be­rei­ding be­gin Woens­dag (mô­re).”

Die laas­te keer wat Wal­lis die Se­s­na­sies kon wen, was in 2013, maar dié span het twee we­ke ge­le­de teen Frank­ryk ge­wys dat hy kalm onder druk kan bly. Hy het ’n ag­ter­stand van 0-16 uit­ge­wis om die wed­stryd te be­klink.

War­ren Gat­land, af­rig­ter van Wal­lis, het 10 ver­an­de­rin­ge aan sy span vir die af­ge­lo­pe na­week se wed­stryd teen I­ta­lië aan­ge­bring, maar ag­ter­na be­lo­we sy span sal “baie be­ter” teen En­ge­land wees.

Jones sê die Wal­lis-span is ’n baie fi­sie­ke teen­stan­der.

“Hul­le sit al­les in by die af­breek­pun­te. Jy moet werk vir el­ke lie­we punt teen hul­le. Tog sien ons uit om na Car­diff te gaan. Dit be­hoort pret te wees,” sê Jones.

Ben Youngs, skrum­ska­kel van die En­gel­se, sê die op­bou na die toets teen Wal­lis is iets om na uit te sien.

“Dit gaan on­ge­loof­lik wees. Wan­neer En­ge­land en Wal­lis teen me­kaar te staan kom, is dit fan­tas­ties. En nou so­veel te meer.”

En­ge­land moet se­ker die guns­te­ling wees, aan­ge­sien hy met die laas­te twee be­soe­ke aan die Wal­lie­se hoof­stad ko­ning ge­kraai het. In 2015 en 2017 was die tel­ling el­ke keer 21-16 in die En­gel­se se guns.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.