Staat­ma­kers op kruk­ke­lys ’n kop­seer vir C­hee­tahs voor toer

Die Burger - - 14 - O­wen Kock

Die C­hee­tahs kan son­der drie van hul staat­ma­kers op hul Eu­ro­pe­se toer ver­trek.

Die bon­ki­ge ha­ker Jo­seph D­we­ba sal be­slis nie mô­re op die vlieg­tuig wees nie. Hy het nie ge­noeg­saam van sy dy­spier­be­se­ring her­stel nie en sal nie in die eer­ste toer­wed­stryd teen Con­nacht Sa­ter­dag in Gal­way speel nie.

Hy kan moont­lik la­ter op die toer be­trek word.

D­we­ba se plek in die be­gin­span vir dié Pro14-wed­stryd sal waar­skyn­lik ge­neem word deur Jacques du Toit, wat van ’n knie­be­se­ring her­stel het.

D­we­ba is dié sei­soen in drie van die C­hee­tahs se 14 wed­stry­de – teen die Car­diff Blu­es, T­re­viso en die Sout­hern Kings – as Spe­ler van die Wed­stryd vereer.

Du Toit het sy knie in Ok­to­ber ver­le­de jaar be­seer en het se­dert­dien nog nie weer ge­speel nie.

“Jo­seph het nie heel­te­mal van sy be­se­ring her­stel nie. Hoe­wel hy kon oe­fen, beteken dit nie nood­wen­dig dat hy sou kon speel nie.

“Dit is be­ter om hom heel­te­mal fiks te kry en dan la­ter ’n be­sluit te neem oor sy be­trok­ken­heid,” sê Fran­co S­mith, C­hee­tah-brei­er.

Die heel­ag­ter Mal­colm Ja­er kan weens ’n knie­be­se­ring ook in Bloem­fon­tein ag­ter­bly.

“Mel­la (Ja­er) het ’n har­de stamp weg en daar is ook kom­mer oor hom en of hy sal kan toer of nie.

“Soos sa­ke nou staan, is daar heel­wat spe­lers met stam­pe en sto­te en hoe­wel ek reeds ’n goeie i­dee het, sal ek teen mô­re­mid­dag (van­dag) se oe­fe­ning be­ter weet hoe die toer­groep lyk,” sê S­mith.

“Die vlug­plan is van so ’n aard dat dit op nommer 99 nog aan­ge­pas kan word, so ons hou duim vas vir dié met be­se­rings,” sê die brei­er.

“Lou­is (Fou­ché) is pas te­rug van ’n be­se­ring so ons sal reg­tig tot op die laas­te wag voor die toer­groep aan­ge­kon­dig word.”

Na ver­neem word, sal die sen­ter Ben­hard Jan­se van Rens­burg ook vir eers met Jan Tuis­bly se kar­re­tjie ry. Hy het har­sing­skud­ding in die vo­ri­ge wed­stryd teen die Sout­hern Kings op­ge­doen.

’n Spe­ler soos D­ries Swanepoel, wat weens ’n skou­er­be­se­ring nog net vyf mi­nu­te Pro14rug­by (teen Ze­bre in Bloem­fon­tein ver­le­de maand) ge­speel het, kan in Jan­se van Rens­burg se plek be­trek word.

Die Springbok-stut Ox N­che (knie) het nie gis­ter saam met die ver­gro­te groep ge­oe­fen nie en so ook nie die reeks se voor­ste drie­druk­ker dié sei­soen, die vleu­el Rabs Max­wa­ne (ver­koue) nie. Hul­le be­hoort eg­ter steeds te gaan toer.

Die los­voor­spe­ler Ai­don Da­vis het ty­dens gis­ter­mid­dag se oe­fen­ses­sie in die Toyo­ta-sta­di­on sy been ge­breek en kan vir ses tot se­we maan­de op die kruk­ke­lys wees.

Die 24-ja­ri­ge Da­vis sal na ver­neem word van­dag ’n o­pe­ra­sie on­der­gaan.

Jo­seph D­we­ba

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.